kategorieë: Ontspanning

Die nuwe Beauty and the Beast-lokprent is uit!

Emma Watson, van Harry Potter-faam, vertolk die rol van die ikoniese Belle, terwyl Downton Abbey se Dan Stevens die ondier speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Stevens moes blykbaar ’n spesiale pak dra om die gedierte se lengte en grootte reg oor te dra, en ook lang blonde lokke groei vir die toneel waar hy weer in ’n mens verander. GCI-tegnologie is gebruik om die wreedaardige gesig van die ondier in die aksie-animasie te skep. Voorts bestaan die res van die ensemble uit gesoute akteurs en aktrises, insluitend Luke Evans as Gaston, Kevin Kline as Belle se pa, Maurice, Ian McKellen as Cogsworth, Ewan McGregor as Lumiere en Emma Thompson as Mrs. Potts. Josh Gad, wie die stem van Frozen se dierbare Olaf gespeel het, is ook weer terug vir sy tweede Disney film as Gaston se plomp metgesel, LeFou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit wil voorkom asof Belle in dié weergawe van die tydlose feëverhaal meer feministies en aktief gaan wees as in die 1991-animasie, aangesien Disney haar agtergrond effe aangepas het om tot die moderne gehoor se voorkeure te speel. Hierdie keer lees sy nie net nie, sy is ook ’n slimkop-ontwerper, en hoewel Belle se klassieke geel balrok net so mooi is in dié film, word daar nie korsette gedra nie. Jacqueline Durran, die kostuum-ontwerper, het satyn, sy en organza gebruik om ‘n ligte, vloeinde beweging in die rok te skep, terwyl Emma self ook betrokke was by die ontwerp daarvan. In erkenning van Watson se individualistiese en sterk geaardheid, moet die karakter vrylik kan beweeg en werk, en hiérdie Belle is volkome daartoe in staat om na haarself te kyk. Ons hou daarvan!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Oscar-bekroonde komponis Alan Menken was verantwoordelik vir die verwerking van die film se musiek, en veral die temalied Tale As Old As Time, waarvan ’n gedeelte daarvan aan die einde van die lokprent geplaas is, gee jou behoorlik hoendervleis. Menken het ook drie addisionele liedjies spesiaal vir die fliek geskep, en hoewel vervaardiger Bill Condon geen leidrade wou gee oor wie dit is nie, het Disney weer gesorg vir ‘n bekende stem om die liedjie aan die einde van die film te sing. Ons kan nie wag nie!

Beauty and the Beast sal in April 2017 in fliekteaters begin draai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk hier na die lokprent:

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

14 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.