kategorieë: Blogs

Die parte-koop ekspedisie

Ek haat dit om parte van enige aard te gaan koop. Veral motorparte. Die oomblik wat jy by die deur instap is dit asof jagseisoen begin. Eers ruk die koppe op in verbasing dat ’n vrou deur die deur gestap het (as jy ’n rok aanhet, hou die gestaar ’n volle half minuut langer aan, wees dus gewaarsku), dan gebeur een van twee dinge: of die knaap agter die toonbank storm na jou toe of hy sit sy elmboog op die toonbank en glimlag op ’n snaakse manier vir jou. Laasgenoemde laat my altyd voel soos ’n bokkie wat deur ’n leeu ingewag word op een van Animal Planet se dokumentêre programme. Ek hoor glad die musiek in my kop speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dan kom die verduideliking van wat jy daar soek (en dis beslis nie oor hom nie). Ek is gewoonlik heel paraat. Ek het ’n lysie, ek het die produk se doel en werking gegoogle en waar toepaslik ook die YouTube-video gekyk. En steeds word sagte simpatieke geluide gemaak, terwyl ek aangekyk word soos ’n onbeholpe kind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dan word daar aan my vertel dat ek nie regtig daardie ding soek nie, want eintlik moet dit hierdie en hierdie ook kan doen en vir ’n klein bedraggie meer kan ek soveel toekomstige teëspoed verhoed. En wat van hierdie en hierdie parte? Dit loop dan hand aan hand met dit wat ek wil vervang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Na ’n paar besliste woorde van jou kant af wat geen illusie laat dat jy nie omgepraat kan word nie, word daar aanbeweeg na die prys toe. Hier probeer hulle jou altyd vang. Vir een of ander rede dink hulle nooit daaraan dat jy regtig weet wat die item veronderstel is om te kos nie. Ek het eenkeer in Brits gaan vonkproppe koop en die man wou vier daarvan aan my verkoop vir R500, terwyl een vir R25 verkoop word. Wat ’n skande! En ek het hom elke Sondag in die kerk gesien.

Uiteindelik kom die ekspedisie tot ’n einde. Maar pasop, as jy nie flink dink nie, kan die laaste hindernis die ergste wees. Moenie jouself in ’n gesprek inlaat nie. Dit gaan eindig met iets soos: ons gaan Vrydag dam toe, wil jy saamkom? of gee my jou nommer dan Whatsapp ek jou ’n bietjie. En dis moeilik om uit daardie gesprek te klim sonder om vrek ongeskik te wees. So my advies is: koop, betaal en hardloop asof jy voor sononder ’n wêreld moet versit!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek kan nie dink dat mans sulke moeilikheid het as hulle by ’n naaldwerkwinkel instap nie. Ek is seker die ou tannie agter die toonbank sal nie die begeerte hê om sy nommer in haar ou Nokia in te tik nie.

Gelukkig maak internet-aankope dit deesdae baie makliker om hierdie senutergende ekspedisies te vermy. Daar vra die rekenaar net die hoeveelhede en nie jou nommer nie. Dit het ook nie vriende wat naby die dam bly nie. Miskien is dit die beste alternatief vir ons selfstandige meisies.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: blogs

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.