kategorieë: TrendsMode

Die partytjie ná die Golden Globes: 5 van ons bestes

Deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hooffoto: Twitter @InStyle

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Claire Foy

Ná haar vroulike geel Miu Miu-rok het sy op ’n meer klassieke uitrusting besluit. Die swart eenstuk het skerp skouerpunte en is afgerond met stene, wat steeds daardie vroulike element behou. Ons hou ook van haar minimalistiese bykomstighede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Emily Blunt

Die glanspaartjie Emily Blunt en John Krasinski laat ons weer in liefde en sprokies glo. Tekstuur was duidelik vanjaar Emily se gunsteling. Vir die partytjie ná die glansgeleentheid het sy ’n poeierpienk rok met valle gedra en John was in ’n bypassende vlootblou pak uitgevat. Praat van stylvol!

Sandra Oh

Dit is geen geheim dat die aktrise Sandra Oh harte by die Golden Globes gesteel het nie. Sy was ’n mede-aanbieder van die Golden Globes en het boonop die toekenning as Beste Aktrise vir haar rol in die TV-dramareeks Killing Eve inkatrol. Vir die aflooppartytjie het sy haar wit rok vir ’n lospassende eenstuk, tekkies en ’n blink nekstuk verruil. Ons is gaande oor haar diversiteit!

Jenna Dewan

Hoewel Jenna Dewan se uitrusting jou aan jou matriekafskeid kan laat dink, hou ons van hoe sy haar vietse lyf en kurwes op ’n subtiele manier vlei. Die elegante spleet skep lengte en die uitgesnyde deel beklemtoon haar middel vir daardie uurglas-figuur. Die eenvoudige styl is gemaklik genoeg om jou tot sonopkoms te laat dans, maar steeds elegant sodat jy met elke foto op jou beste kan lyk.

Rowan Blanchard

Rowan Blanchard se prettige uitrusting laat ons dink aan Rihanna wat destyds een van Rei Kawakubo se ontwerpe by ’n Met Gala-geleentheid vertoon het. Hoewel sommige modekritici dit as ’n “stort-pom-pom” beskryf, gee die silwer-en-pienk kombinasie ons ’n terugflits na die speelse tagtigerjare.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.