Die video wys hoe ’n vrou ’n reuse eier breek om ’n eiergeel en nôg ’n groot eier te onthul. Die rare verskynsel staan bekend as kontra-peristaltiese inkrimping. Dit word veroorsaak wanneer ’n oësiet – wat op die ou einde die eiergeel vorm – te vroeg vrygestel word en met ’n vroeëre eier verbind wat nog nie gelê is nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Terwyl die geval uiters raar is, word dit veroorsaak wanneer die hen in die proses is om ’n eier te vorm maar nóg ’n oësiet te vroeg deur haar liggaam vrygestel word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Sodra die tweede oësiet vrygestel is, is die eerste een al in die eierdop-klier van die eierleier waar die eierdop gemaak word. Dit is dan wanneer skok of stres ’n inkrimping veroorsaak wat die eerste eier forseer om sy proses om te keer. Dit beteken dan dat die eerste eier by die tweede oësiet gevoeg word, wat dan in die eierleier afbeweeg en ook in dop bedek word. Dit vorm dan die reuse eier rondom die eerste een.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die video vang die verrassende oomblik vas toe die gesin die ekstra groot eier breek en besef dat daar nog een binne-in is. Jy kan hoor hoe lede van die gesin na hul asems snak.
Die eier is deur hul eie hen gelê.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Die reuse eier het ’n eiergeel en ’n ander eier binne-in gehad. Ek kan nie glo dat dit nie my hen se dood veroorsaak het nie. Niemand wou dit eet nie, so my vrou het ’n haaropknapper daarvan gemaak,” het haar man gesê.
Kyk hier na die video:
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.