kategorieë: Blogs

Die saligheid van Saterdag

Vyf dae, twee vlugte, drie stede, 28 vergaderings, ‘n Afrikaanse en Engelse speltoets, visum by die Nederlandse Konsulaat gehaal, atletiek uitdunne, gesteelde tyd vir ‘n mani en ‘n pedi . . . gelukkig was daar nie ‘n krieketwedstryd nie dink ek terwyl my kinders die tyd eis wat hulle nie die week gekry het nie. “Mamma, gaan jy nie vandag werk nie?” vra my vierjarige Emma. “Ek gaan ook nie skool toe nie,” antwoord sy vinnig (net ingeval ek iets anders wou sê.) “Yay, dis ‘n pajama-day,” jil haar sewejarige half-Engelse, half-Afrikaanse boetie van waar hy op die bruin bank voor die TV sit. Geplant. Afstandbeheer in sy hand. Pa se kind. Hy trek die Shrek-kombersie wat sy Ouma Lappie in sy eerste jaar gemaak het tot onder sy keel. “Lekka,” sug hy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Saterdae kom ons op vir asem. Eintlik kruip ons weg en hou ons die stilte so lank moontlik vas. Ek dink groenerig aan my tuisteskepper-vriendinne en hul oënskynlik rustige bestaan. Opstaan. Kinders regkry vir skool. Gym. Tyd vir dink oor aantrek en uitnodigings vir ‘n naweek braai. Gereeld geskeduleerde mani’s en pedi’s. Eindelose klagtes oor kinders rondry. . . soms, net soms, is ek groen. Maar ek is ‘n entrepreneur. My eie baas. Dit hét immers sy perks.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

My kop werk terwyl ek die yskas fynkam vir alles wat eintlik nie die Saterdag moes haal nie. Die yogurt het drie dae gelede verval, die blaarslaai en tamaties is pap, twee velletjies kouevleis se kante krul en uit die onderste rak loer twee sakke wortels. “Toemaar, volgende week drink ek net wortelsap en water,” troos ek en voel skuldig oor die koffie, driehoekbroodjies, hoenderpastei en chocolates wat die week in die haas verorber is. Ek moet beter beplan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis in my tuiskantoor waar die werklike saligheid van Saterdag oor my spoel. Die lessenaar kreun onder pos, onklaar-lysies, ‘n nota of twee van die au pair, huisplanne vir die stoep se aanbou, die Meryl Streep-fliek wat ek nog iewers die naweek wil kyk, ‘n sakeplan wat dringend moet aandag kry. Onder die stapels loer ‘n foto van my kinders saam met my ma en pa. Ek krap in die kas vir ‘n raam en maak die gesiggies op my lessenaar staan.

Dis Saterdag. Skielik dink ek aan iets wat ek iewers van Audrey Hepburn gelees het:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“I have to be alone very often. I’d be quite happy if I’d spent from Saturday night until Monday morning alone in my apartment. That’s how I refuel.

‘n Slim, stylvolle, werkende vrou. En ma. Ja, Audrey. Jy’t verstaan.

Tot volgende week,

Marí

www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.