kategorieë: Dra dit soWenkeMode

Die toeknooprok: 1 rok, ses oulike maniere

Die toeknooprok: 1 rok, ses oulike maniere deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee, Hooffoto: Asha Eleven

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bou aan ’n volhoubare en veelsydige klerekas

Die afgelope ruk het mode ’n afdraaipad na volhoubaar en veelsydig geneem. Hoe meer ’n item by die res van jou klerekas inpas, hoe beter, maar dis wel makliker gesê as gedaan. Die geheim lê in ’n groter prentjie – die kombinasie van nuwe en ou items.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

#rrWenk: Wanneer jy iets nuuts koop, maak seker dit pas minstens by drie van jou ander uitrustings. Baie van ons koop uitrusting vir uitrusting, maar sit dan met items wat jy net op een manier kan dra.

Lees ook: 16 maniere hoe jy geld op jou klerekas kan spaar sonder om styl in te boet

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die knopiesrok: ’n wonderlike veelsydige item

Die knopiesrok het onlangs ’n gunsteling geword onder bekendes, ontwerpers en modebewustes, juis vanweë die veelsydigheid daarvan. Hierdie rok kan jou soveel meer bied as net toegeknoop met oulike skoene. Boonop skep die toeknoopstyl ’n sjiek voorkoms wat jy vir informele én deftiger geleenthede kan dra.

Foto: Asha Eleven verskaf

Hoe om die meeste uit jou knopiesrok te kry

1 Kyk in jou klerekas watter kleure, style en snitte in die meerderheid is: As jou kas uit neutrale of effekleure bestaan, is dit lekker om dit met ’n kleurryke rok af te wissel, maar wanneer jou kas reeds uit verskillende kleure en style bestaan, is die klassieke wit rok altyd ’n wenner.

2 Moet ook nie bang wees om met jou silhoeët te eksperimenteer nie. Die laag-op-laag-styl is al ’n geruime tydjie hoogmode en ’n maksirok is gelykstaande aan vroulikheid. Wanneer jy dit saam met ’n broek dra, hou die boonste gedeelte toegeknoop en laat die onderste deel oophang. Kies ligte materiale wat vloeiend beweeg en probeer ’n gordel as jy voel jou middel verdwyn.

Die 6 veelsydige items waarmee jy ses voorkomste kan kry

Hier is ses voorbeelde van veelsydige items waarmee jy nooit verkeerd kan gaan nie.

6 veelsydige items verseker 6 oulike voorkomste met ’n toeknooprok

Ons help jou om ses voorkomste met die gewilde toeknooprok te stileer.

1 Die besige-dag-voorkoms

2 Sjiek en stylvol

3 Romanties

4 Oulik

5 Ontspanne romanties


6 Minder is meer

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.