kategorieë: Ons menseBekendes

Bradley Cooper: ’n Ster soos min

Bradley Cooper: ’n Ster soos min deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoekom wou jy ook die regie vir A Star is Born doen? En leer sing, en kitaarspeel?

Ek het nog altyd gedink ek het ses karakters in my, en wou van lankal af ’n musikant speel in ’n fliek, want ek is versot op musiek. Ek het ’n sterk gevoel gehad dat ek eendag so iets sou doen. En ek is mal oor liefdesverhale, liefdesverhale wat nie uitwerk nie – die werklikheid van verhoudings. En ek wou graag die regie doen vir iets waaroor ek sterk voel. Ek was gelukkig genoeg om saam met briljante regisseurs soos David O. Russell, Clint Eastwood en Todd Phillips te kon werk wat my deel van hul proses gemaak het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toe ek 41 word, het ek net besef dis nou tyd, ek moet dit nóú doen. En ek was gelukkig in die posisie om my idee aan Warner Bros. voor te lê en hulle het genoeg in my geglo om my ’n kans te gee. Wat ook al gebeur met die fliek – of dit ’n sukses is of nie – dis net my verantwoordelikheid, want ek het elke besluit oor die fliek geneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is die vierde fliekweergawe van die storie. Wat maak die storie so immergroen?

Op ’n basiese vlak gaan A Star is Born oor twee mense in die musiekwêreld wat ’n sukses van hul lewe probeer maak en op mekaar verlief raak. Sang is die suiwerste vorm van selfuitdrukking en gee ’n ekstra dimensie aan die liefdesverhaal en die seer wat daarmee gepaardgaan.

In die openingstonele van die fliek speel jy voor ’n regte gehoor by die Coachella-musiekfees.

Dit was ongelooflik. Ons het agt minute tussen vertonings gehad om die toneel op Willie Nelson se verhoogstel te verfilm. Ek is dankbaar dat ons dit kon doen.

Was dit moeilik om te besluit wie die vroulike hoofrol gaan vertolk? Daar was sprake van Beyoncé, Shakira en Jennifer Lopez?

Ek was by ’n liefdadigheidsgeleentheid vir ’n kankerorganisasie toe ek Lady Gaga vir die eerste keer sien optree het. Sy het “La Vie en Rose” gesing. Dit het my platgeslaan. Ek het nie eens geweet hoe sy lyk nie, en het nie regtig geweet wie sy is nie!

Die volgende dag het ek haar agent gebel en gevra of ek haar kan ontmoet. Ek is na haar huis toe en kon haar die eerste keer in die oë kyk. Haar oë het met my gepraat – ek het ’n ding oor mense se oë. Ek het daar en dan geweet ek wil haar vir die rol hê!

Ons het dadelik goed oor die weg gekom, maar ek het geweet die fliek sou nie werk as ons nie kon saamsing nie. Sy het ’n klavier in haar sitkamer en toe vra ek maar of ons “Midnight Special” kan sing. En dit was asof ons nog altyd saamgesing het. Ons is saam na Warner Bros. toe en hoewel dit ’n lang proses was, was die koeël deur die kerk.

Hoe was dit om saam met Lady Gaga te werk?

Sy is ’n goeie mens, heeltemal oop, baie intelligent en haar stem is ’n godgegewe talent. Elke keer wanneer sy op stel gesing het, het die hele span in verwondering na haar gestaan en luister. Sy is ’n beter sanger as wat ek ooit besef het, en ek glo sy het die beste stem wat ons in jare gehoor het.

Ons het albei Italiaanse agtergronde, en dit het ons ook gehelp om ’n konneksie te maak. Haar regte naam is Stefani Germanotta – ek noem haar Stefani. Ons het ’n ongelooflike verbintenis gehad in die fliek, dis die eerste keer wat ek so oor ’n aktrise in ’n fliek gevoel het.

Jy moes saam met haar sing. Was jy op jou senuwees?

Ek het net so geëerd gevoel om dit te kon doen. Ek het besef dat as die gehoor my nie as ’n musikant aanvaar nie, dit nie sou werk nie. Ek sou nie die rol teenoor haar kon speel nie. Ek dink dis hoekom ek so hard gewerk het. Ek moes geloofwaardig wees. Ek het geweet as die gehoor dit koop, sou dit werk.

Het Lady Gaga jou gehelp met die singery?

Ja, en sy het baie insae in die skryfproses gehad. Ek het van ons eerste onderhoud af so baie idees by haar gekry. Ons het baie oorspronklike musiek vir die fliek geskryf, en sy het my die selfvertroue gegee om in my musikale talent te glo en het my karakter, Jackson, gehelp om sy stem as sanger te vind. Ek dink dis die eerste fliek waarin sy speel en sy het so baie van haarself gegee.

Om hierdie storie te laat werk moes dinge eg en natuurlik wees. Lady Gaga het my gehelp om ’n musikant te wees, en ek het haar gehelp om ’n beter aktrise te wees.

‘Ek dink dat die liefde en die verlies van liefde die grootste gebeurtenisse in mens se lewe is. En ek hoop dat almal die kans kry om dit te ervaar’

Die fliek is eerstens ’n liefdesverhaal. Is dit nog belangrik? Dis al asof liefdestories deesdae nie so belangrik is in die “groot” flieks nie.

Ek dink die liefde en die verlies van liefde is die grootste gebeurtenisse in ’n mens se lewe. En ek hoop almal kry die kans om dit te ervaar. Dit kan jou oplig en jou afbreek – dis wanneer jy waarlik weet hoe dit voel om te lewe, maar dit kan jou ook isoleer. Ek voel dat alle flieks mense op een of ander vlak moet heelmaak, en dis wat hierdie storie vir my gedoen het. En wat is nou beter as ’n liefdesverhaal om mense heel te maak?

Elke akteur het hierdie droom om ’n rockster te word, en elke rockster wil ’n akteur wees. Het jy daaroor gedroom?

Ek weet nie van enigiemand wat nie as kind daarvan gedroom het om ’n rockster te wees nie, en dis iets wat met my professie vereenselwig word, so ja, ek het seker daarvan gedroom.

Wat beteken dit om ’n ster te wees?

Ek weet nie regtig wat dit beteken nie. Ek het nou vir ’n oomblik gedink jy praat van konstellasies (lag)!

Maar ek dink Lady Gaga se karakter het ’n ster geword toe sy aan die einde van die fliek in die kamera inkyk en met die gehoor kommunikeer; toe sy besef sy het nou die platform en krag om dit te doen. Met sosiale media kan enigiemand deesdae ’n gehoor hê. Maar ek dink as jy die vermoë het om ’n storie te vertel wat ’n groot gehoor kan bereik, is jy ’n ster.

Roem het ook ’n prys. Het jy al gewens jy was nie beroemd nie?

Nee, ek dink nie so oor myself nie. Al wanneer ek dit agterkom, is wanneer ek soos nou ’n onderhoud moet doen en vir foto’s moet poseer. Ek het vier jaar gelede laas in ’n fliek gespeel, so oor die algemeen is ek nie heeltyd daarvan bewus nie.

Maar dink jy nie ’n mens gee ’n deel van jou siel weg om beroemd te kan wees nie?

Ek dink dis elke mens se keuse hoe hul hul lewe wil lei. Ek lei ’n baie normale lewe maar dis my keuse om dit so te doen. Ons bly in New York, ry met die trein en gaan stap in die park. En ja, die paparazzi pla, maar dit oorheers nie my lewe nie. Wie weet, noudat ek ’n pa is, voel ek dalk anders, dalk kom ek iemand nog met die vuis by (lag)! Maar jy moet hierdie uitdagings hanteer nes enigiets anders wat oor jou pad kom.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.