kategorieë: WenkeSkoonheid

Pragtige wimpers: Ons toets lash lift-behandelings

Pragtige wimpers: Ons toets lash lift-behandelings deur Suzanne Kotzé. Video Corné Greeff. Hooffoto: iStock/licsiren

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek het al twee keer voor spesiale geleenthede wimperverlengings laat aansit en dit lyk wonderlik. Jy het min grimering nodig, want die wimpers laat jou “gedoen” en afgerond lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoewel dit wonderlik lyk, pas dit nie by my leefstyl nie. Jy moet dit gereeld laat opknap as jou wimpers begin uitval en dit is ’n tydrowende proses.

Dit is ook baie sigbaar wanneer die wimpers begin uitval. Ek hou van ooggrimering en elke keer wanneer ek my grimering verwyder het, het ’n paar uitgeval. As jy nie dikwels ooggrimering dra nie, en eerder net ’n lipstiffie, sal dit dalk langer hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek toets ’n lash lift-behandeling

Ek was nuuskierig oor die lash lift waaroor almal praat en het dit op die proef gestel om te sien of dit goed sal werk.

Dis wat ek ervaar het:

  • Die behandeling is kort (jy is omtrent ’n halfuur in die salon) en dis nie so ongemaklik soos met wimperverlengings wanneer jy jou oë langer as ’n uur  moet oophou nie.
  • Iewers in die proses het my oë wel baie branderig gevoel, maar dit het net ’n rukkie geduur.
  • My oë was nie agterna sensitief of rooi nie (bygesê ek het nie sensitiewe oë nie).

Hoe werk dit?

Met ’n lash lift word jou wimpers met ’n chemiese behandeling gekrul (amper soos die tagtigerjare se perms) en dan gekleur.

Ek was aangenaam verras met hoeveel voller en gekrul my wimpers is. Met gekrulde wimpers lyk jou oë natuurlik ook groter. As ek geen grimering aanhet nie, lyk my oë steeds mooi en opvallend danksy die donkerder wimpers. Met maskara aan lyk dit natuurlik nog beter.

Die enigste negatiewe punt is dat my wimpers nou soveel krul dat dit soms aan my ooglede raak en dan smeer my maskara. Om dit te voorkom, sal ek ’n waterdigte maskara aanskaf.

Waar kan ek hierdie behandeling kry?

Ons het die behandelings by Eyecandy Brows laat doen en dit kos R550.  Dit is beskikbaar by uitgesoekte salonne landswyd.

Die produk is ook vir R1 100 by Takealot beskikbaar, maar dit is ’n behandeling wat ons liefs in ’n salon sal laat doen.

Loer hier na die video van die proses

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.