kategorieë: Ons menseBekendes

Sosiale media-influencers onder 25: Marko met ʼn K

Sosiale media-influencers onder 25: Marko met ʼn K Deur Zoë Salzwedel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In ons nuwe reeks Sosiale Media-Influencers onder 25 gaan ons met ’n paar van Suid-Afrika se gewildste, invloedrykste en snaakse influencers onder 25 onderhoude voer. In ons vierde artikel in dié reeks gesels ons met die jong komediant en musikant, Marko Erasmus – beter bekend as Marko met ’n K!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek is nog altyd die nar van die klas …”

Marko Erasmus is 18 jaar oud en woon al sedert hy drie is in Ellisras in Limpopo. Met meer as 45 200 volgelinge op Instagram, ’n goeie sin vir humor en sy liefde vir musiek, het Marko vinnig vir homself ’n naam gemaak onder die jongmense van Suid-Afrika – en hy maak seker dat hulle sy naam reg spel!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy kort komiese video’s het soos ’n veldbrand versprei omdat alledaagse mense daarby aanklank kon vind. In sy video’s dek hy onderwerpe wat wissel van hoërskoolprobleme tot die minder bekende voordele van ’n kleindorpse lewe. Ons gesels met Marko oor sy inspirasie, sy planne vir 2019 en waar dit alles begin het.

Wat geniet jy om in jou vrye tyd te doen?
Ek geniet dit om musiek te maak, klavier te speel en snaakse video’s vir my aanhangers in my vrye tyd te maak.

As jy jouself vinnig in een sin aan iemand moet beskryf, wat sou jy sê?
Ek is baie kort, baie reguit en ’n mense-mens.

As jy met enige persoon in die wêreld (dood of lewend)  ’n middag kon deurbring, wie sou dit wees, en hoekom?
My pa, want hy is die persoon wat my gebring het tot waar ek vandag is.

Wat wil jy graag nà skool doen?
Ek wil voltyds vlog op YouTube.

Wat het jou laat besluit om kort aanlynvideo’s te maak wat jy met die wêreld kan deel?
Ek is nog altyd die nar van die klas – die ou wat almal altyd laat lag en gemaklik voel, maar ek wou dit nog ’n stap verder neem … En wat is beter as om ’n klomp mense gelyk aanlyn te vermaak?

Waar het dit alles begin?
Ek het my heel eerste video op 11 Oktober 2017 op Instagram en Facebook gelaai. Daarna het ek binne twee weke duisende boodskappe ontvang waarin mense my aangemoedig het om ’n blad vir my komiese video’s te skep. Wel, ek volg toe die raad en skep ’n Facebook-blad en ’n Instagram-profiel waarop ek al my musiek, grappies en video’s met die wêreld kan deel. Ek het binne die eerste twee weke meer as 20 000 volgelinge op Instagram gehad … En kyk waar is ek vandag!

Wat geniet jy die meeste daarvan om video’s te maak en mense se terugvoer daaroor te hoor?
Dit is vir my die heel lekkerste as ek hoor dat mense by my video’s kon aanklank vind – hulle kan vertel dat hulle ook al in soortgelyke situasies was. Dit is vir my baie belangrik om realisties te wees met die video’s wat ek maak, want dit is waarvan ek hou.

Wie is jou komiese inspirasie, en hoekom?
Rikus de Beer – beter bekend as Radio Raps! Sy storie het my geïnspireer om vir myself ook ’n naam te maak.

Jy het tans meer as 43 300 aanhangers op Instagram. Hoe voel dit om as ’n sosiale media-influencer bekend te staan? En hoe voel dit as iemand jou dalk op straat herken as Marko Met ’n K?
Dit voel einklik baie vreemd. Ek sien myself op dieselfde vlak as almal anders rondom my, en as mense my dalk herken voel dit nog baie oorweldigend. Maar terselfdertyd voel dit ook soos ’n yslike prestasie, want op die ou einde het ek ander mense laat lag en op daai manier vir myself ’n naam gemaak!

Is musiek nog altyd een van jou liefdes, of het jy dit eers onlangs ontdek?
Musiek is nog altyd een van my groot passies in die lewe. Ek het op 14 begin musiek maak en speel klavier en dromme.

Wat is jou planne vir 2019, en waarna kan jou aanhangers uitsien in die nuwe jaar?
Ek gaan vanjaar voltyds begin vlog. So my aanhangers kan uitsien na langer 10 minuut-video’s!

Watter boodskap wil jy graag aan jou aanhangers oordra?
Marko met ’n K het nou eers begin. Daar is nog baie dinge waarna julle kan uitsien!

Volg gerus vir Marko met ’n K op sosiale media: Instagram en facebook

Lees ons ander onderhoude met influencers onder 25

Koelkat-Katinka Oosthuizen

Arnando Gericke

Julipoeli

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

22 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.