kategorieë: Leef gesondDieet

Die perfekte dieet vir maagpyn en diarree

Deur Salomé Delport. Foto: bee32/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe laat mens jou maag rus as jy maagpyn het?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit is doodmaklik, verduidelik voedingkenner Eska van Wyk. “Gee jou maag minder werk. Eintlik sal ons almal baat as ons soms ons maag laat “rus.””

“Mense is so bang om honger te raak. Ander dink dit is ’n krisis as hul bloedsuiker sou val. Maar eintlik is jou liggaam wonderlik goed ingerig daarvoor. Sodra jy te min energie inneem begin jy dadelik vet verbrand, wat juis hiervoor bedoel is. Selfs rietskraal mense het 10-15% liggaamsvet en kan maklik ’n paar dae regkom sonder veel kos.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Jy gaan in elk geval nie niks eet nie – net minder.”

“Maar ek is tog versigtig om vir diabete en mense met mediese toestande soos kanker (waar goeie voeding uiters belangrik is) sommer net te sê om min te eet. Praat met jou dokter as jy gediagnoseer is met ’n mediese toestand, op behandeling is of bekommerd is. Mense met nier- en lewerkwale moet liewer hul dokter of dieetkundige se advies volg.”

“Die res van ons wat gesond is kan met gemak hierdie sewe beginsels volg as maagpyn ons onderkry. Doen dit vir so twee tot vier dae. Onthou die dieet is nie gebalanseerd nie en ook nie goed vir gewigverlies nie. As jy dit weke aaneen volg gaan jy moeg en tam raak omdat jy te min vitamiene, minerale en ander noodsaaklike voedingstowwe inkry.  Dit gaan bloot or maklik verteerbare kos wat jy vir ’n dag of vier op die langste eet, om jou maag herstelkans te gee.

“Terloops, jy kan na ’n erge diarree dieselfde dieet volg, terwyl jou maag herstel.”

Dieet vir maagpyn en diarree

Hier is die sewe stappe na ’n gesonde maag:

1. Doen ’n mini-vas

As jy kort-kort snoep moet jou maag, lewer, niere en pankreas heeldag werk. Selfs gesonde snoepgoed beteken ekstra werk.

Help jou maag rus deur na elke ete of snoephappie ten minste drie uur te wag voor jy weer iets eet. As jy kan, en jou bloedsuiker val nie te laag nie, kan jy vir die volgende paar dae net jou drie etes eet, met niks tussenin nie.

2. Eet klein porsies

Dit is so logies. Hoe meer jy eet hoe meer maagensieme is nodig, en hoe meer afvalstowwe moet verwerk en uitgeskei word.

Baie mense is so gewoond aan groot porsies dat hulle nie weet nie hoe ’n klein porsie lyk nie. My gunstelingtegnieke is om net een tot twee eetlepels te skep van alles wat ek kan eet.

En dan help dit om ’n klein bordjie te gebruik.

3. Maagpyn en drankies is nie maats nie

Moenie nou die glasies klink nie. Vermy alles met alkohol – bier, wyn, sjampanje, whiskey, vodka, brandewyn en selfs die ligste koelers en ponse. Alkohol irriteer die maagwand.

Water, tee en koffie is doodreg. Jy kan ook rooibos, heuningbos en boegoetee probeer. Jy kan ook kyk of tee met ’n bietjie gemmer of suurlemoensap werk, of jou maag eintlik irriteer.

4. Sit helder vloeistowwe by

Geskikte kos vir die eerste dag of twee vir iemand met maagpyn of diarree is ’n dieet van helder vloeistowwe.

  • Helder sop (soos Liquid Organic Chicken Stock van Woolies, wat jy net kan opwarm).
  • Marmite in kookwater ingeroer (een teelepel Marmite per koppie water, of na smaak).
  • Vrugtesap sónder vesels, soos helder appelsap.
  • Tee, koffie, maar sonder melk, room of verromer. (Jy kan biejie suiker byvoeg).
  • Jellie.

5. Skakel oor na (amper) veselvrye kos

Teen die tweede of derde dag behoort jou maagpyn oor te wees, of ten minste minder te wees. Jy kan nou sagte kos wat min eise aan jou maag stel bysit.

  • Gekookte eiers, roereiers
  • Gestoomde vis. (Wenk vir kitskos: Koop vis en tjips, sonder die tjips. Gooi die deeglagie weg – en daar het jy kitsgaar vis wat lekker en gesond is.)
  • Gestoomde hoenderborsies. (Nog ’n kitskoswenk: Jy kan net soos met jou vis die deeglagie rondom hoenderstukkies in die drom gooi en die sagte binnevleisies eet – solank dit nie met sterk speserye bedek is nie.)
  • Melk.
  • Jogurt. (Hou by Bulgaarse jogurt. Versoete joghurt bevat baie suiker en kan jou maag veral aan die begin verder ontstel.)
  • Kaas (sagte, gewone kase; nie verouderde kaas of skerp gegeurde kase soos bloukaas nie)
  • Witrys
  • Pasta
  • Noedels
  • Witbrood (Verveeld met jou dieet? Rooster dit vir ’n bietjie geur)
  • Waterbeskuitjies (ongegeurde Cream Crackers)
  • Geblikte of gebakte vrugte wat jy verpulp

6. Begin die ligte veseldieet

As jou maagpyn bedaar het kan jy van die derde of vierde dag ligte vesels bysit. Maak alles goed gaar.

As jy vind dat jou maag steeds sensitief is kan jy vir die volgende dag of twee alles verpulp, voor jy oorskakel na onverpulpte kos. Maar kou goed (twintig keer per hap!) en hou steeds by klein porsies.

  • Gaar appel
  • Piesang
  • Waatlemoen
  • Spanspek
  • Druiwe
  • Patat
  • Aartappel (sonder die skil)
  • Murgpampoentjies
  • Groenbone
  • Soetrissies (“Bell peppers,” nie die ander, skerp soorte rissies nie)
  • Aspersies
  • Eiervrug
  • Blaarslaai
  • Komkommer
  • Gaar spinasie
  • Ryskoekies
  • Mieliekoekies (Corn Thins)
  • Marshmallows

7. En daarna

Eet nou so gesond as wat jy kan – vyf of meer porsies vrugte en groente, min suikers en vette en nie meer as 300 gram proteïen per dag nie. (Hoeveel kos beteken dit? Tel dit so: een eier PLUS een porsie vleis  (biltong en koue vleis tel ook) PLUS ’n plantproteïen soos neute, ertjies, kekerertjies of lensies.)

As jou maag steeds pyn, of binne die volgende maand weer pyn, moet jy liewer vir ’n behoorlike mediese ondersoek gaan. Moenie maagpyn maande lank self tuis behandel nie: Kankers van die dermkanaal is van die algemeenstes. Word eerder korrek en betyds gediagnoseer.

Lees ook: Is dit hoekom jy maagpyn het?

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport
Tags: health

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.