kategorieë: DieetGesondheid

Dieet-uitdaging: Week 2

Dieet: Slender Wonder by Body Renewal

www.bodyrenewal.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Persoon: Adriana Grundlingh

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Adriana se dagboek: Week 2

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

My eerste naweek van dieet het soos ’n berg voor my gelê… Ek het geweet daar is geen bederfies nie en ek het tyd gehad om te dink aan verkeerde goed eet! My eerste beproewing was sommer Vrydagaand toe ons saam met familie gebraai het. Terwyl hulle gesit en smul het aan aartappelskyfies en kaas en beskuitjies, het ek met ‘n mond wat water, my Coke Light sit en afwurg! Soms dink ek dat ek ’n arm of ’n been vir tjips sal verkoop! Maar, ek het sterk gestaan en oorwin!

Die res van die naweek het ek die Tygervallei-Sentrum platgeloop – enigiets om te vergeet van “die verbode onderwerp!” Sondagaand kon ek sê: “Ek het die naweek gemaak sonder om in te gee.” Hoera!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maandag het ek vol moed begin! Moet sê – ek sukkel steeds om daai pille afgesluk te kry! Behalwe dat hulle huge is, is daar so baie – veral vir iemand wat gesukkel het om een vitamien per dag te drink. Die inspuitings is regtig eenvoudig – ek verbaas myself elke keer dat dit so maklik en pynloos is. My buurvrou is my oefenmaat…noem haar my “sammajoor” – sy vat nie nee vir ’n antwoord nie en sy is kwaai as ek kanselleer. Ek het dit nodig, want ek is ’n meester daarin om verskonings uit te dink om nie te oefen nie! Ek het dit aanvanklik oorweeg om NIE te oefen nie – ek spot partykeer en sê ek is “allergies vir oefen”. Maar, ek het besluit 20 of 30 minute se oefening ’n dag is beter as niks, so nou stap ons of doen taebo as die weer nie saamspeel nie. ‘n Gim is vir my ‘n plek wat ek vermy… Maar dis geen verskoning om nie te oefen nie – taebo in my eie huis en stap, is my resep!
Ek was Dinsdag en Woensdag gelukkig baie besig by die werk so daar was nie tyd om aan allerhande lekker goed te dink nie, maar Donderdag was dit koud en nat. Al waaraan ek kon dink, was vars gebakte brood met lekker sop, pannekoek met kaneelsuiker, warmsjokolade en en… mmm (water my mond net om dit nou te tik).

Ek is egter trots om te sê ek het my eerste verjaarsdagpartytjie oorleef sonder om van die koek te eet! (Ek dink ek verdien ’n prys, veral omdat ek so lief is vir ’n lekker ou stukkie koek!)

My eerste week is verby – vandag ’n week terug (Donderdag) het ek met die detoks begin!

Ek kyk toe Vrydagoggend in die spieël en ek verbeel my die vetrolletjies is besig om te krimp, maar ek dink dis maar in my kop wat ek so hoop! Hopelik kan ek volgende week (na 2weke) al êrens ’n verskil begin sien. Na hierdie week kan ek met alle eerlikheid sê dat ek regtig NOG NIE EEN KEER HONGER GEVOEL HET NIE, dis net die lus vir lekker “verkeerde” goed! Weereens besef ek waar ons die grootste fout maak… ons eet agter die lekker aan en nie omdat ons honger is nie!

Dieet: Healthy Weight program by The Sport Science Institute of South Africa (SSISA) in Kaapstad

www.ssisa.com

Persoon: Daniela Nothnagel

Daniela se dagboek: Week 2

TheSports Science Institute of South Africa is ‘n interessante plek. Hier kry jy soveel mense van verskillende groottes en almal het verskillende fiksheidsvlakke. Ek vind dit vertroostend. Daar is niks erger as om te sukkel met basiese oefeninge nie en dan ‘n superfiks gim-bunny te sien ronddans nie. Hierdie gim-bunnies is wat my afsit van ‘n gewone gimnasium. Daarom werk die Healthy Weight-program so goed, omdat die mense in my groep almal min of meer in dieselfde bootjie as ek is. Ons almal wil gewig verloor en ons fiksheidsvlakke verbeter. Almal van ons het ook al verskeie diëte gevolg, weer gewig opgetel en ons sukkel gedurig met ons gewig. In hierdie omgewing veroordeel niemand jou nie! Jou fiksheidsvlakke en mate word aan die begin van die program geneem en ons word deur die loop van die program gemonitor. Dit beteken ook dat jy jou net met jouself vergelyk, en nie met die gim-bunny wat die boksklas in die vertrek langs jou doen nie.

Ons groep doen drie keer per week ‘n uurlange oefensessie. Dit maak die fisiese deel van die program meer pret, want ons is almal min of meer ewe onfiks en ons almal mis dit om soms eerder op ons rusbanke voor ons TV’s te sit.

Ek het my eerste weegsessie gehad en het reeds 2kg in die eerste week verloor! Hoera! Ek sou natuurlik 5kg verkies, maar volgens die Healthy Weight mense, is dit juis hierdie tipe denke wat ons moet vermy, want ek is nie op ‘n streng dieet nie, maar op ‘n gesonde eetplan. So, ek is dankbaar oor die 2kg wat ek verloor het en ek gebruik dit as motivering vir volgende week.

Hierdie week wil ek selfs probeer om meer te oefen, maar niks te veeleisend nie. Sommer net lekker vinnig stap saam met my man. Dis dalk bietjie skelm, maar ek wil soveel moontlik verloor sodat ek gefokus kan bly op die program. Ek moet wel erken dat ek smag na ’n groot bord pasta en ’n lekker glas rooiwyn. Dit troos darem om te weet dat my denims klaar ’n bietjie losser sit.

Dieet: SureSlim

www.sure-slim.co.za

Naam: Sandri Hough

Sandri se dagboek: Week 2

Vandag moet ek na my 1ste week gaan indeed. Dit was ‘n rowwe week, alhoewel ek nog nie ’n eetplan het nie en net alles wat ek eet moes neerskryf. Alles het natuurlik in hierdie een week gebeur: uiteet saam met vriende (lekker kos en wyn), familie-ete (met skaapboud en baie wyn), uiteet saam met my man (met nagereg en ook baie wyn), ’n werksfunksie (ryk kos en nog meer wyn). Ek het die skaal gevrees! Natuurlik het ek gewig opgetel, ’n halwe kilogram! Dis mos die manier om met ’n dieet te begin – ek laat sak maar net my kop in skaamte…

My SureSlim-mentor laat my gerus voel en sy moedig my aan. Aangesien my eetplan nog nie gereed is nie, gee sy vir my ’n paar riglyne waarvolgens ek my maaltye moet beplan vir die week wat kom. Ek moet probeer om slegs drie etes per dag te eet, met geen happies tussenin nie. Daar moet ten minste 4-5 ure verbygaan tussen etes. Blykbaar gebruik jou liggaam die kos wat jy tydens ’n ete inneem dadelik vir energie, en hierdie proses neem omtrent 3 ure. Daarna moet jou liggaam op ’n ander plek gaan soek vir energie naamlik jou vetstoor, en ek moet probeer om dit vir 2 ure toe te laat. So, tydens hierdie 2 ure gaan ek veral aan die begin baie honger voel – maar dit is juis DAN wat ek moet vasbyt. Wanneer ek honger word, moet ek tee of koffie drink (sonder melk of suiker natuurlik).

So stap ek daar uit met hernude hoop vir die tweede week van dieet wat vir my voorlê!

Vandag is Sondag en ek het nie een nie, maar twee familie-etes om by te woon. Ek is sommer by voorbaat senuweeagtig. Ek gaan vandag vir ’n hele klompie goed moet nee sê. Dit was toe glad nie so moeilik as wat ek gedink het nie! Ek het baie goed gevaar. Ek het goeie keuses gemaak wat kos aanbetref en net twee glase wyn gedrink…dis mos nou ‘n beter begin! Ek is sommer trots op myself!

Blou Maandag! Om 5 ure tussen etes te wag, is moeilik – moenie vir een oomblik dink dat jy nie honger gaan word nie. Maar ek moet vasbyt! Teen die aand voel ek lusteloos en lam.

Dinsdag is sleg. Ek het ’n aaklige hoofpyn en ek is so moeg. Ek drink maar net baie tee en water.

Woensdag voel ek ’n bietjie beter, maar ek het steeds ’n vieslike hoofpyn. My konsentrasie- en energievlakke is laag, so ek probeer gereeld by die werk opstaan en bietjie rondloop. Ek drink maar net baie water en al my vitamiene.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.