kategorieë: Dieet

Dieet-uitdaging: Week 3

Dieet: Slender Wonder by Body Renewal

www.bodyrenewal.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Persoon: Adriana Grundlingh

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Adriana se dagboek: Week 3

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis weer naweek en om een of ander rede is dit ’n vreeslike sosiale maand met baie verjaarsdae en wegbreeknaweke. Ons was vir die naweek saam met vriende weg en daar is natuurlik uitgeëet… wat baie moeilik was maar solank mens net die regte keuses probeer maak, soos vis & slaai, is dit makliker (terwyl almal aan lieflike vars gebakte brood smul voor die tyd… ek moes maar net daaraan ruik).

So is ’n nog ’n naweek verby sonder dat ek gecheat het. Well done Adriana! (tikkie op die skouer vir my want lekker eet is darem so lekker). MAAR, ek gaan nie spyt wees as ek vir my eerste weeg gaan nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om een of ander rede is dit vir my so lekker om te “werk” met al die kos wat ek nie mag eet nie. My man eet tog te lekker, want ek maak saans vir hom net lekker ongesonde kos (dit is steeds vir my lekker om dit te maak, al eet ek nie saam nie). Ek is dalk nou besig om hom vet te voer, terwyl ek my kilo’s afskud (oeps). My vriende lag vir my en dink ek is mal, maar ons elkeen is mos maar anders en hanteer situasies anders. Dis vir my bevredigend as ander mense eet… seker omdat ek in my binneste lag en sê: “Wie laaste lag, lag die lekkerste!”

Van Dinsdag af het die senuwees begin knaag, want ek het geweet dat Woensdagoggend 09:00 nader kom en die ou duiwel het op my skouer kom sit en terg! Ek het my man Dinsdagaand kort-kort gevra: “Liefie, lyk dit of ek darem al so 3kg verloor het?” Al kon hy nee sê, sou hy dit nie waag nie! Vroeg geëet en in die bed geklim, sodat die kos kon sak!

Ek het Woensdagoggend opgestaan soos iemand wat eksamen moet gaan skryf. Ek was lanklaas so op my senuwees! Op pad Body Renewal toe, stap ek verby ’n koffiewinkel waar mense cappucino’s drink en sjokolade croissants eet …mmm! Op daardie oomblik was ek gelukkig so senuweeagtig dat ek nie eens behoorlik kon kyk en my verwonder nie! Stiptelik sit en wag ek by Skin Renewal Willowbridge vir my weeg… iets binne my is tog opgewonde ook. Ek is gemeet en toe is dit tyd vir Mnr. Skaal (vir wie ek so bang is). Die oomblik is toe baie groot… ’n volle 6.2kg verloor! Almal daar was so bly saam met my! Dr. Maureen het genoem dat mens in die eerste 2 weke gewoonlik heelwat meer verloor as die res van die tyd. Nou weet ek, ek sal my sokkies moet optrek voor die volgende weeg! Ek wil darem ten minste genoeg kan verloor om 10kg in 4weke te kan doen.

Donderdag en Vrydag het heel maklik gegaan behalwe dat die ou koue weer mens tog maar lus maak vir ’n lekker soppie en vars gebakte brood. Maar, ek moet sê dat ek eintlik al gewoond geraak het aan “my” kos en dat dit vir my lekker is. Die woord “honger” het ek vir die eerste keer sedert ek begin het, Donderdag gebruik. Maar toe het ek darem gou ‘n lemoen afgeskil om te eet, voor daai verkeerde gedagtes in my kop kon opkom. Ek probeer nog om elke dag te oefen, al is dit net 30 – 40 minute. Ek glo dat dit saam met die eetplan help.

Dalk is dit my verbeelding maar my denim voel alreeds bietjie losser! Na my eerste weeg is ek nou opgewonde vir die volgende een. Dis ’n lekker uitdaging!

Dieet: Healthy Weight program deur The Sport Science Institute of South Africa (SSISA), in Kaapstad

www.ssisa.com

Persoon: Daniela Nothnagel

Daniela se dagboek: Week 3

Ek het weer geweeg en hierdie keer het ek net ’n 1/2 kg verloor. Ek was ’n bietjie teleurgesteld. Die dieetkundige het my etery van die week geanaliseer en het toe besluit om die meeste van my carbs na ontbyt en middagete toe te skuif in plaas van aandete. My eetgewoontes het reeds drasties verander en ek kan die verskil voel! Ek het energie en ek voel goed. Die “verbrand meer kilojoules as wat jy inneem”-reël is eintlik eenvoudig, maar baie van ons verslankers neem dit nie altyd in ag nie. Mens doen dit deur die mees voedsame kos met die laagste kilojouletelling in te neem en dan oefen mens om nog meer kilojoules te verbrand. Hoekom het ek nog nooit hierdie konsep toegepas nie? Ek weet hoekom: ek soek gewoonlik kits-wonderwerke en die resultaat is dat ek oorgewig is en moeg raak vir diëte.

My maaltye sluit nou altyd baie groente in, of dit nou in die vorm van sop of slaai is (iets wat ek normaalweg nie uit vrye wil sou eet nie). Ek sou nooit kon dink dat ’n hoender en babaspinasie-slaai met ‘n bietjie balsamiese asyn of ‘n verkoelde lensiesop so lekker kan smaak nie! Hierdie tipe maaltye het nou my gewone middagetes van hoender, spek en geroosterde kaasbroodjies of groot borde lasagne saans vervang. My mond water egter as ek aan hierdie “verkeerde” kosse dink, maar tot op hede het ek nog nie te erg gekroek nie.

Die oefening word ook nou meer draaglik. My oefengroep is so ondersteunend en dit bemoedig almal. Ons giggel ook gereeld saam. Ek het besluit dat dit nie die moeite werd is om oefening te haat nie, dit is net vir ‘n uur op ‘n slag en regtig nie so lank nie. Ten minste voel mens goed as jy klaar geoefen het, en ek voel minder skuldig wanneer ek mense sien draf. Wie weet, miskien sal ek ook nog eendag een van daai drawwers wees!

Dieet: Sureslim

www.sure-slim.co.za

Naam: Sandri Hough

Sandri se dagboek: Week 3

Ek het vanoggend vir my 2de keer gaan weeg en ek het 1.6kg verloor! En dit nogal voordat ek regtig met my eetplan begin het. Wys jou nou net wat verandering aan slegte gewoontes kan doen.

Ons het vandag vir my ’n paar doelwitte gestel wat ek graag wil bereik, onder andere my gesondheid, gewig, fiksheid, ens. En ek moes datums daaraan vaslê. Dis nogal angswekkend om ‘n datum daarby te sit – dit maak alles baie meer werklik…

’n Paar van my doelwitte:

Afdeling Wat wil ek verander Datum Doelwit bereik:
JA/NEE
Gesondheid Kondisie van my vel verbeter
Gewig Ek wil my doelgewig bereik van 64kg
Self My selfbeeld verbeter – goed voel oor myself
Fiksheid Om die halwe Ysterman te voltooi

Alhoewel ek ’n paar veranderinge aan my huidige eetgewoontes moes maak, het ek steeds stoute goed gedoen. Ek het hier en daar ’n styseltjie laat inglip, ek het steeds wyn en whiskey gedrink en ek het selfs ‘n sjokolade verorber, en ek drink nog nie genoeg water nie.

So, vir die komende week moet ek selfs hierdie paar gewoontes probeer afskud – eers DAN sal ek my eetplan mag kry. Kan jy glo, ek moet WERK vir my eetplan – wie sou kon glo.

Ek weeg vandag 81.4kg. Ek wonder wat die skaal volgende week gaan sê…

Dinsdag is so koud! En ek suffer. My maag grom die hele tyd, veral in die middag en wanneer ek tuis kom na werk. Hierdie 5 ure-wag tussen etes is regtigwaar rof! Wens ek kon net aan ietsie knibbel!

Dis ook moeiliker om kos voor te berei wanneer dit koud is, want ek is nie lus om ‘n koue slaai tee te nie, ek wil iets warm eet wat my versadig gaan laat voel en my van binne af gaan hitte gee.

En ek crave sjokolade – dit raak so erg dat ek baie amper ‘n pakkie sjokoladeballetjies oopmaak wat in my spens is. Dit was baie amper. Dit wil my sommer laat huil – so ek maak maar vir my ‘n lekker koppie koffie (sonder melk en suiker natuurlik), en gaan klim in die bad. Vandag is ‘n woeste dag!

Negatief…

Dit is vandag ‘n regte Donderdag! My kop is seer en my maag is honger – ek wil pasta hê! Lekker warm, romerige pasta met spek en kaas! Oe, en warm vars gebakte brood met botter! Maar nee, wat wag vir my vir middagete? Sop. Waterige hoendersop. Met sampioene. Ek het my gisteraand afgesloof voor die stoof aan waterige hoendersop.

Ek was so negatief hieroor dat ek sommer besluit het om muffins te bak vir die werk. Ryk donkersjokolade muffins met witsjokoladeblokkies in, asook vanielje en aarbei-muffins met ‘n krakerige suikerlaag bo-op. Net om die geure in my kombuis te hê was genoeg – en om my man te sien smul aan een van hulle. Dit laat my so ‘n bietjie beter voel. Net omdat ek vervelige etes moet eet, beteken nie dat ek moet ophou om lekker goedjies te maak vir ander mense nie!

Dalk kan ek begin lekker kook en bak vir ander mense, dit sal my dalk ‘n bietjie beter laat voel. En ek vind ook soms dat wanneer ek self iets gemaak het, ek nie noodwendig regtig lus is om dit te eet nie.

Ek kan nou net nie meer wag vir my eetplan nie – sodat ek kan begin beplan om vir myself ook lekker maaltye voor te berei. My etes hoef mos nie so aaklig vervelig te wees nie.

Nog 2 dae oor voordat ek weer moet gaan weeg…

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.