kategorieë: Dieet

Dieet-uitdaging: Week 4

Dieet: Slender Wonder by Body Renewal

www.bodyrenewal.co.za

Persoon: Adriana Grundlingh

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Adriana se dagboek: Week 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

En nog ‘n week is verby! Hiep hiep hoera!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om een of ander rede was hierdie die moeilikste week tot dusver. Dalk omdat ek gaste gehad het en heeltyd lekker kos moes maak – kos wat ek nie mag eet nie! Ook is dit nou besig om lekker koud te word, so ek sukkel om soggens vroeg uit die bed te kom om te oefen.

Die naweek het heel goed verloop maar ek het begin honger voel tussen etes, iets wat ek in die eerste 3 weke nog glad nie ervaar het nie. Ek het vir almal vertel hoe fantasties dit is dat mense nie honger raak nie, ten spyte daarvan dat ek net so pik-pik aan kos. Maar ek besef dat die gevoelens alles in mens se kop begin, want ek kan onmoontlik nie ewe skielik honger raak nie, ek is eenvoudig lus vir iets lekker en ek dink dan sommer in my kop dat ek honger is. Ons verwar mos HONGER met LUS!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek het Dinsdag ‘n broek aangepas wat ‘n maand gelede te knap gesit het en met groot verbasing het hy gepas! Jippie! Dis darem die lekkerste gevoel as mens se klere weer pas!

Ten spyte hiervan het ek van Woensdag af vreeslik op my senuwees begin raak vir die volgende weeg! Ek weet dit gaan mos nou heelwat minder wees as die eerste weeg, maar al die “sê-nou-maar” gedagtes in my kop het nie opgehou nie! Kan ‘n mens nou so senuweeagtig wees oor weeg – dalk omdat ek vandag (Woensdag) oor ‘n week weer moet weeg. Dit help seker nie om my nou daaroor te bekommer nie, vorentoe kyk en my kant bring, is al wat sal help.

Donderdag gesels ek met ‘n vriendin oor die dieet en sy noem van iemand wat Slender Wonder maaltye maak en aflewer. Ek het my ore dadelik gespits en my hart het vinniger begin klop want kan dit beteken dat ek party aande dalk take-aways kan bestel. Take-aways natuurlik op my gesonder Slender Wonder manier, maar ten minste hoef ek dit nie self te maak nie! Ek gaan definitief meer hieroor uitvind en volgende week meer daarvan vertel.

Vrydag het weer aangebreek en nog ‘n naweek het voorgelê. Hierdie naweek voer ek my man weer lekker vet, want alles wat ek mos nie mag eet nie, MOET hy eet! Ek sal seker hiermee moet stop want dit help nie ek verloor gewig en voer hom vet nie! Siestog, hy eet nog steeds ‘n sjokolade met soveel “skuldgevoelens” voor my en voel dan sleg dat hy voor my eet! Ek dink ek moet hom onder hande neem en oorreed om saam met my te te begin dieet.

Dieet: Healthy Weight program by The Sport Science Institute of South Africa (SSISA), in Kaapstad

www.ssisa.com

Persoon: Daniela Nothnagel

Daniela se dagboek: Week 4

Ek is super opgewonde! Ek het gisteraand vir die derde keer gaan weeg en het 2.6kg verloor en my totaal is nou 5kg! Dit is dalk nie so baie in vergelyking met ander diëte nie, maar vir my is dit wonderlik! My klere pas reeds beter. Ek het vandag ‘n broek aan wat ‘n paar weke terug so ongemaklik was om te dra, dat ek dit nie kon aantrek nie. Dit lyk of die gesonde eet en oefen begin werk. Jippie!

Elke dag leer ek meer van kilojoules en kalorieë. Ek het selfs al ‘n paar lekker webblaaie ontdek wat help om kiljoules en kalorieë te tel. Ek voel baie energiek, en ek het nie meer daai tipiese 3-uur luiheid gevolg deur sjokolade en koekies by die werk nie. Die ding wat ek egter die heel meeste mis, is ‘n glasie rooiwyn.

Ek het omtrent ses bokse klere in die garage wat te klein is. Dit is al vir meer as ‘n jaar daar. Ek werk daaraan om binnekort weer in hulle te pas. Dit is so opwindend, maar ek moet ook nou nie te veel droom en te min doen nie. Daar is nog baie werk oor, voordat ek weer in hulle sal pas!

Die oefening is nou besig om lekker te word, ek begin dit selfs mis om styf te voel die volgende dag. Soos ek fikser word, word die styfheid egter minder. Ek het ongelukkig ook ‘n nuwe vriendin ontmoet: Mev. Shin Splints. Urgh! Dit gaan tyd neem om hierdeur te werk, maar ek is vasbeslote om selfs meer te gee tydens elke oefensessie. Ek gaan op die nou-paadjie bly sodat ek meer kan verloor!

Dieet: SureSlim

www.sure-slim.co.za

Naam: Sandri Hough

Sandri se dagboek:

En wat sê die skaal?

Ek het weer 1.6kg verloor! Dit kan ek werklik nie glo nie! Ek het dit glad nie verwag nie. Ek het gehoop op so 400g so ek kan letterlik nie my oë glo nie! Dit is nou al ‘n totaal van 3.2kg – en dit sonder ‘n eetplan.

Starla (my SureSlim-mentor) is baie opgewonde saam met my – en sy is baie trots! Dit laat my so goed voel. Sy besluit net daar en dan dat ek gereed is vir my eetplan. So word ek ingeboek vir komende Saterdag om my eetplan te kry. Dit is blykbaar ‘n baie lang sessie (1 tot 2 ure) waartydens alles dan baie mooi aan my verduidelik sal word.

Ek is sommer opgewonde!

As ek sonder die eetplan reeds soveel gewig kon verloor, deur net ‘n paar slegte gewoontes af te skud, dink net hoeveel gaan ek kan verloor op die eetplan.

Starla het saam met my nog ‘n paar slegte gewoontes geïdentifiseer waaraan ek sal moet werk vir die volgende week. Ek mag geen alkohol drink nie (en ek het die afgelope week nie ‘n druppel oor my lippe laat gaan nie) en ek mag geen kougom kou nie. My fokus moet ook wees om geen maaltye oor te slaan nie en ook om kleiner porsies te eet en meer water te drink.

Sjoe, hopelik kan ek by al hierdie dinge bly en dan nog ‘n kilo en ‘n half afskud deur die loop van die week! So far so good…

Aangesien ek hierdie week nog nie my eetplan het nie, moet ek steeds net voortgaan met die veranderinge van my slegte gewoontes. Blykbaar neem dit 21 dae om van ‘n gewoonte ontslae te raak, so ek het nou nog ‘n week oor om ‘n paar van my slegte gewoontes af te skud.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 hour Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.