kategorieë: Dieet

Dieet-uitdaging: Week 8

Dieet: Slender Wonder by Body Renewal

www.bodyrenewal.co.za
Persoon: Adriana Grundlingh

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Adriana se dagboek: Week 8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek moet sê – ek begin nou die slapies tot die einde aftel! Hierdie afgelope week was my moeilikste ooit!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het my rug seergemaak, so ek kon nie oefen nie en dit het my verskoning geword vir baie goed! Dit is ook ’n verskriklike besige tyd by die werk. Ek het Saterdag ’n funksie gehad met rooi rose en Reuben Riffle, en wie kan nou sy kos weerstaan? Ek is soort van gedwing om sy crème brulee te proe. Oeps! Sondag het ek maar net probeer om so min as moontlik in die kombuis te wees, net vir ingeval die versoekings by die kaste uitspring!

Maandag het met ’n slag afgeskop, ek het begin regmaak vir die volgende 2 funksies en die stresvlakke was hoog! Die hele week het dol gegaan en etenstye was nie normaal nie. Ek het nooit ’n ete by die huis gehad nie, so ek moes maar by funksies en restaurante eet, wat dit aansienlik moeiliker maak want as ’n mens so bedrywig is, verbrand jy energie en raak en word jy vinniger honger! Daar was tye die week wat ek iets in die mond gesit het, terwyl ek geweet het ek moes nie! En ek voel SKULDIG! Maar nou ja, ek wil nie hierdie week oorhê nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek het hierdie week ook weer van die Bonappetit-maaltye bestel en een was ’n botterskorsie gevul met groente en ’n paar repies hoender (wat regtig lekker gegeur was). Die ander ete was blomkoolsop, maar ek moet bieg, as ’n mens so min eet wil jy darem die kakebene beweeg as jy die slag eet! So, die sop was nou nie vir my so ’n groot treffer nie.

Sondagoggend was my 3de dag van behandeling en ook my eerste keer om iLipo te kry! Daar is weer met Carboxy begin en elke keer hoop ek vir die beste en probeer ek vir myself sê dat die nie seer gaan wees nie, maar dit IS! Die terapeute weet al – ek konsentreer so hard om die pyn weg te dink dat ek nie gesels nie. Ek hou summier op praat as ek die naald sien naderkom! Die Velashape wat na die Carboxy gedoen word, voel amper soos n bederfie (altans, vir my). Blykbaar is daar kliënte wat pyn ondervind tydens die Velashape, maar gelukkig is dit vir my lekker en ’n verligting na die Carboxy! Hoewel die masjiene vir al hierdie behandelinge baie intimiderend lyk en meer gepas is vir ’n hospitaalteater, is dit eintlik glad nie so erg nie. My eerste iLipo was pynloos. Voor die behandeling word die area gemeet aangesien iLipo dadelik resultate wys. In die 20 minute het ek altesaam 2cm oor my maag en “love-handle” areas verloor. Nie te sleg nie. ’n Mens wil mos dadelik sien dat iets werk, so hierdie het my baie beïndruk! Na die iLipo moet daar 30min geoefen word en Skin & Body Renewal het ’n oefenfiets wat jy kan gebruik. Ek het sommer besluit om dit dadelik af te handel want ek weet dat die “later” van my ’n “nooit” sou word (veral op n Sondagmiddag). Ek was baie naar na die 30minute se fietsry – my liggaam was seker maar in skok. Ek het die res van die Sondagmiddag op die bed deurgebring!

Die terapeut het my verduidelik dat ’n mens glad nie verkeerde, vetterige kos moet eet tydens Slender Wonder nie, want die inspuiting se stof maak die vetselletjies oop en die vet (van die kos) gaan lê dadelik daarbinne. Ek was geskok daaroor en het net daar besluit – besig met funksies of te nie, daar is nog net bietjie minder as 3 weke oor en ek gaan dit maak! My kop is sommer nou weer reg en die 3 liter water staan reg vir elke dag die week én die vrugtemandjie is opgevul met lemoene! Van nou af hou ek my mond weer met valk oë dop! Maak nie saak wat die skaal Woensdag gaan sê nie, daar is daarna net ’n bietjie meer as 2 weke oor om op te maak vir wat ook al fout kon gaan die huidige 2 weke!

Adriana was so opgewonde om te begin skryf dat sy sommer haar dagboekinskrywings begin het, voordat haar eerste week al verby was. Daarom het sy ’n week 9 ook.

Week 9

Week 9 het begin en ek het besef dat die einde in sig is. Dit maak my sommer meer positief!
Ek het wel geweet dat ek Woensdag moet weeg en dat die skaal dalk nie so nice gaan wees nie! Ek het hierdie gedagte egter uit my kop geskuif en gehoop vir die beste. Ek het Dinsdag weer behandelinge gehad en dit gaan al soveel beter. Ek begin ’n verskil sien. Selfs die 30minute se fietsry na die tyd gaan al soveel beter en ek voel sommer goed as ek daar uitstap. Ek het gedink om die beskrywing van elke behandeling te gee, sodat almal n idee kan kry van wat hulle doen en wat dit is. Verskoon die Engels maar ek gaan nie eers probeer om die terme te vertaal nie – ek mag dalk net iets sê wat die teenoorgestelde beteken.

LIPODISSOLVE – Also known as Mesotherapy. Is used to reduce unwanted fat deposits by injecting a natural substance called lecithin to dissolve fat sells.

(My gevoel: Hierdie is die een waar hulle yssakkies op die area sit om dit “dood” te maak so die pyn van die naalde is minimaal – die koue van die yssakkies is amper erger. Die area is ’n bietjie geswel en teer vir ’n dag of 2, en ’n mens is geneig om na die tyd blou kolle te kry.)

VELASHAPE – A 4 in 1 treatment. Is an FDA approved medical device for the body reshaping, circumferential reduction and cellulite reductions.

(My gevoel: Hierdie is ’n roller wat hulle oor ’n area laat beweeg en voel amper soos ’n roller met ’n suigaksie. Die 2 balletjies in die roller suig die vel tussenin. Glad nie seer nie en eintlik ’n lekker behandeling maar dit verskil blykbaar van persoon tot persoon.)

CARBOXYTHERAPY – Is a safe, minimally invasive procedure which involves injecting tiny amounts of CO2 beneath the skin to improve cellulite. It can improve stretch marks and tighten lax skin due to aging or post pregnancy.

(My gevoel: Hierdie is die EINA een! Die masjien wat hulle gebruik herinner my ’n bietjie aan iets wat eerder in ’n hospitaalteater moet wees! Die area word deur ’n naald, so 2cm uit mekaar, met CO2 ingespuit. Die eerste paar kere was seer, maar hoe beter die bloedsirkulasie geword het, hoe ligter was die pyn. Die areas wat meer vetjies bevat, is minder seer – so dit help om vetjies te hê. Die snaaksste gevoel is dat ’n mens die CO2 onder jou vel voel beweeg.)

iLIPO – FDA approved and was recently awarded the “Best Slimming treatment” at “Les Victoires de la beaute” in Paris. iLipo is the leading brand for non-invasive targeted fat reduction and body contouring. For best results 8 biweekly sessions are recommended.

(My gevoel: Hierdie een is my GUNSTELING! Dit sluit GEEN PYN in nie! Daar word vierkantige monitors op die area gesit en met ’n rek vasgemaak, en dan moet ’n mense vir 10min (afhangend van jou sessie) stil lê. Voor die behandeling word die mate van die area geneem, en dan direk na die behandeling weer. Die meeste wat ek in ’n sessie verloor het, was 2cm. Is dit nie fantasties nie? Ek kan verstaan hoe dit ’n prys gewen het! Na die behandeling moet daar vir 30 minute geoefen word om van die vet wat uit die selletjies gelaat is, deur sweet uit die liggaam te kry).

Die laaste week gaan ek my alles gee en voluit gaan!

Naweke is maar steeds swaar omdat ’n mens jouself wil bederf met ietsie lekker en dit is dan ook die tyd wat daar saam met familie en vriende gekuier word. Versoekings is erger en dis moeilik om nee te sê vir daardie kos waarvoor jy so lief is! Ons het Vrydagaand saam met vriende gebraai en al die versoekings van lekker aartappelslaai en roosterkoek was natuurlik daar en vir die eerste keer was ek ook regtig lus vir ’n glasie wyn na ’n harde week. Ek moes dit maar uit my gedagtes kry (al het ek gesukkel) en vir myself belowe dat ek binnekort weer van dit mag eet (in matigheid natuurlik) en daardie glasie wyn gaan nie weghardloop nie.

Dis nou vasbyt tot Donderdag vir die finale weeg en meet, so ek klou vas aan die lemoene & water vir as ek honger raak! Dinsdag was my laaste behandeling en ek was lus om ’n glasie vonkelwyn te drink na die laaste Carboxy. Wat ek hierdie keer van die behandeling geniet het, was dat ek na die 30minute fietsry glad nie honger was nie en ek kon loop. Dit beteken dat ek intussen ’n bietjie fikser ook geraak het! Ek sal alles weer oordoen, maar ek wens net daar was ’n minder pynlose behandeling wat so suksesvol was soos dit, maar hulle sê dat mooi lyk nooit pynloos is nie! (daarvan kan ek nou getuig!)

Woensdag by die kantoor het ons behoorlik modeparade gehou met al die klere wat daar gekry is om aan te trek vir die fotosessie. Ek is in die sewende hemel, want omtrent alles wat ek aanpas PAS! Dis die een ding wat ek gehaat het van inkopies – niks het gepas nie of dit het aaklig gelyk! Nou kan ek dit weer geniet!

Donderdagoggend was die finale weeg en meet en ek was sommer rustig want dit was die laaste een! En, kom wat wil, ek het nog 4.6kg verloor! Dit is 17.5kg in totaal . Jippie! Ek stap met ’n groot glimlag by Skin Renewal uit en loop ewe “wintie” in Willobridge rond…so asof die ander mense nou moes wees dat ek 17.5kg ligter is! Maar dit het nie saak gemaak nie, want ek voel goed en is trots op myself!

Dieet: Healthy Weight program by The Sport Science Institute of South Africa, in Kaapstad

www.ssisa.com

Persoon: Daniela Nothnagel

Daniela se dagboek: Week 8

Ek kan nie glo hoedat die tyd gevlieg het nie! Dit voel soos gister wat net die gedagte om ’n gim te besoek my sommer naar laat voel het. En kyk nou! Ek ken nou my lyf en ek weet hoe dit werk. Ek weet van watter kos my lyf hou en nie hou nie, en ek weet om nie meer net vir my kop te luister nie!

Aangesien dit die laaste week van die program is, het ons fiksheidstoetse gedoen. Aan die begin van die program het ons ’n toets van 12 minute gedoen om te sien hoeveel rondtes ons in 12 minute om ’n baan kon hardloop. Gedurende my 1ste week kon ek net 7,5 rondtes doen en nou kon ek 11,5 doen! Nog ’n toets was om te kyk hoeveel “crunchies” ons in 1 minuut kon doen. Week 1: 20 crunchies, week 8: 63 crunchies in 1 minuut.

Ek sou graag 15kg wou verloor het, maar ek het agtergekom dat hierdie regtig nie ’n dieet was nie, maar ’n leefstylverandering. Ek weet ook dat dit nog ’n rukkie sal neem om my kop en lyf heeltemal in die nuwe ritme in te kry, maar ek sien uit na die uitdaging! Ek gaan volgende week by my plaaslike gim, wat nader aan my huis is, aansluit en sommer my hele familie aan die oefen kry.

Weegdag het aangebreek en ek het 8kg verloor. Wat vir my die beste was, is dat hierdie glad nie ’n “uithonger” dieet was nie. ’n Groot mylpaal vir my was ook om drie keer per week te oefen en ek het dit oorleef. As iemand my ’n paar maande terug vertel het dat ek dit sou geniet om drie keer per week te oefen, sou ek uitgebars het van die lag! Maar ek het aangesluit by die gim en ek gaan sommer vanaand al ’n “Zumba” klas doen.

Ek het ook net so oor die 10cm oor my maag verloor en 4cm om my heupe. Aangesien die program so holisties is, is daar nie net op gewig en fiksheid gefokus nie, maar ook op ’n emosionele vlak. Hulle doen aanvanklik ’n “Profile of Moods State” toets, waar dinge soos spanning, depressie, angs, moegheid en verwardheid gemeet word. My vlakke is byna almal met 50% af! My lewenslus is ook aansienlik meer!

Ek was al op baie diëte in my lewe, maar hierdie een het my vir die eerste keer werklik geleer hoedat ’n oordeelkundige dieet en gereelde oefening jou liggaam en lyf gesond kan hou.

Dieet: SureSlim www.sure-slim.co.za

Persoon: Sandri Hough

Sandri se dagboek: Week 8

Hierdie week het dit baie moeilik gegaan – ek was veral gedurende die begin van die week heeltyd lus vir die verkeerde goed en ek het heeltemal gevou en 2 sjokolades geëet.

Spanning by die werk het hoog geloop en ek was baie gefrustreerd! Ek het verskeie aande tot laat gewerk en myself vreeslik jammer gekry.

Teen die einde van die week het ek myself probeer regruk, maar dit het gevoel asof dit tevergeefs is. Dit het egter gewerk, want ek het ’n hele paar sentimeter verloor en ’n halwe kilogram afgeskud. My kop was aan die begin van die week net nie reg nie. Ek moes herfokus en myself van vooraf motiveer.

En dit het regtig gewerk – ek het deur die loop van een naweek soveel komplimente gekry! Ek het so goed gevoel dat ek sommer gaan gim het!

Nou gaan ek probeer om elke 2de dag by die gim uit te kom – dit kan mos net NOG beter resultate oplewer!
En ek het nog ’n paar gunsteling maaltye ontdek: Hoenderslaai met die SureSlim se knoffel-slaaisous asook nog ’n gusteling vir my man – beesvleisbredie met al dente groente (’n SureSlim resep)! Ons het gesmul aan lekker kos.

     

Met my finale inweeg het ek 8,3kg verloor. Nie te sleg vir 8 weke nie!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.