kategorieë: Leef gesondGesondheid

Dis hoekom jy sout moet sny

Saamgestel deur Michelle Nortje. Foto: Freepik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Suid-Afrikaners hou van sout, maar hoe meer sout ons inneem, hoe meer vatbaar is ons vir hoë bloeddruk wat uiteindelik kan lei tot hartsiektes en beroerte. Hierdie siektes eis jaarliks die lewens van meer as 78 475 mense in Suid-Afrika, volgens die kenners by Pharma Dynamics.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Navorsing deur die Penn State College of Agricultural Sciences in Amerika dui daarop dat mense wat ekstra sout op hul kos gebruik sogenaamde “supertasters” is. Hierdie eters voeg meer sout by hul kos om die bitter smaak in sekere kosse soos cheddarkaas, broccoli, spinasie en olywe te verbloem. “Supertasters” het moontlik ’n verhoogde smaaksintuig as gevolg van die TAS2R38 bitter-reseptor-geen. Diegene met ’n meer neutrale smaaksintuig is minder geneig om ekstra sout op hul kos te gooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Het jy geweet: Suid-Afrika se diskresionêre soutverbruik is 41% per dag teenoor ander Westerse lande se verbruik van 15% per dag.

Is jy ’n “supertaster”? Vind hier uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die meeste van ons gebruik 9 g sout per dag, pleks van die aanbevole 4-5 g. Die uitdaging is om te weet hoeveel sout om te gebruik, want te min is ook nie noodwendig goed nie. Kyk na ons tabel vir ’n lys van hoë- en laesout opsies om jou te help om die regte balans te kry. Klik hier.

Hoe balanseer jy geurige kos met gesondheid? Kyk na hierdie slim wenke. Selfs al besluit jy om net drie van die wenke te volg, sal jy jou mense al klaar ’n halwe tot een teelepel sout per dag spaar.

Het jy geweet brood is propvol sout? Hierdie 10 daaglikse kosse is saam verantwoordelik vir 40-60% van jou daaglikse sout.

Is ‘natuurlike’ sout soos ongejodeerde sout en seesout gesonder as gewone gejodeerde sout? Lees hier.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.