kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Suid-Afrikaanse vroue-entrepreneurs

Inligting verskaf deur Idea-Engineers vir Mastercard. Verwerk deur Catherine Schenck. Foto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Alhoewel Suid-Afrika vordering toon deur geslagsbevoordeling teen vroue te verminder in vroeë-vlak entrepreneurskapsaktiwiteite, bly die aantal vroulike besigheidseienaars steeds beperk deur ’n tekort aan entrepreneuriële voorneme, waarneembare besigheidsgeleenthede, asook ’n tekort aan ondersteuning en hulpbronne soos kapitaal en opleiding. Hierdie is stellings wat op bevindinge van die tweede Mastercard-indeks vir Vroulike Entrepreneurs (MIWE) gebaseer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika skuif een plek op van verlede jaar, van nommer 23 tot 22 op die ranglys (met ’n telling van 64.2) op die WIME-Indeks, wat vroulike entrepreneurs se vermoë meet om te kapitaliseer op geleenthede wat geskep word deur verskeie ondersteunende toestande in ons plaaslike omgewings. Hierdie indeks word saamgestel deur 12 aanduidings en 25 sub-aanduidings en dit kyk hoe 57 ekonomië van regoor die wêreld verskil in terme van vrouebevorderingsuitkomste, kennisbates, finansiële toegang en ondersteunende entrepreneuriële faktore.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ten spyte van ’n gesonde MIWE-telling, tel vroue slegs vir 18.8% van besigheidseienaars in Suid-Afrika (42ste op die ranglys), wat wys dat hierdie vordering teleurstellend laag is in vergelyking met ander lande wat in dieselfde studie gemeet is. Ghana (46.4%) is heel bo aan die wêreldranglys met die grootste aantal vroulike besigheidseienaars, gevolg deur Rusland (34.6%), Uganda (33.8%), Nieu-Seeland (33%) en Australië (32.1%).

In die vrouebevorderingsuitkomstekomponent van die indeks het Suid-Afrika ses plekke opbeweeg op die ranglys, van 30ste plek in 2017 tot 24ste in 2018. Hierdie komponent meet vroue se vordering en graad van marginalisering as besigheidsleiers, professionele persone, entrepreneurs en werksmagdeelnemers. Dit was aangespoor deur ’n toename in die vroulike entrepreneursaktiwiteite RATE-aanwyser in 2018, wat gesien het hoe die gender-gelykheidsgaping kleiner geword het met 5.9% van werkende vroue wat in die werksmag betrokke in ’n vroeë-vlak entrepreneursaktwiwiteite in vergelyking met 8.4% vir mans. Die eintlike persentasie is egter die hoeveelheid vroue betrokke in vroeë-vlak entrepreneursaktiwiteite en het jaar-op-jaar verminder met 15.7%, waar dit by mans met ’n merkbare 27.6% gedaal het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika blink wel uit in die kennisbates- en finansiële bates-komponent (telling 84.3, of 6de op die ranglys) wat vroue se vordering en graad van marginalisering as finansiële kliënte meet, asook akademies in terme van tersiêre registrasie. Vroue is dus nie net so goed opgelei soos hul manlike eweknieë in tersiêre opvoedingsvlak nie, maar hulle het byna gelyke toegang (99%) tot finansiële dienste as mans. Aan die teenkant hiervan was vroue baie meer geraak deur die afkeur van ondersteuning in klein- en middelgrootte-ondernemings, insluitend die beskikbaarheid van finansies, opleiding en ontwikkelingsprogramme vir vroue.

Suid-Afrika het twee posisies laer gedaal vanaf die 31ste plek (met ’n telling van 62.4) in 2017 na 33ste in 2018 (met ’n telling van 60.6) in die ondersteunende entrepreneurstoestande-komponent van die indeks.

Die Mastercard-indeks vir vroulike entrepreneurs:

  1. Nieu-Seeland – 74.2%
  2. Swede – 71.3%
  3. Kanada – 70.9%
  4. VSA – 70.8%
  5. Singapoer – 69.2%
  6. Portugal – 69.1%
  7. Australië – 68.9%
  8. België – 68.7%
  9. Philippyne – 68.0%
  10. Verenigde Koninkryk – 67.9%

Vroulike besigheidseienaars as ’n persentasie van alle besigheidseienaars: Top-10 markte

  1. Ghana – 46.4%
  2. Rusland – 34.6%
  3. Uganda – 33.8%
  4. Nieu-Seeland – 33.0%
  5. Australië – 32.1%
  6. Vietnam – 31.3%
  7. Pole – 30.3%
  8. Spanje – 29.4%
  9. Romenië -28.9%
  10. Portugal – 28.7%
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.