kategorieë: DekorLeefstyl

Dis jou kombuis – die mooiste wenke en inspirasie

Dis jou kombuis – die mooiste wenke en inspirasie  deur Cornel Dunn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het nie eens ’n behoorlike stoof in my nessie nie, net ’n tafeloondjie – en ek bak ook koek en beskuit hierin. Tog pas dit perfek in my klein kombuis. Ek het die afgelope klompie jaar baie kombuise besoek – van groot en supergroot tot piepklein. Alles hang van goeie beplanning af.

#rrWenk: Werk met wat jy het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: 5 sakpas-wenke om jou huis op ’n begroting op te knap

Wenke

  • Die kombuis is sekerlik die duurste vertrek in jou huis. Doen jou navorsing en wees op die uitkyk na billike aanbiedinge.
  • Moenie dat die styl van kombuis te veel verskil van die styl van die res van die huis nie.
  • Probeer om tydlose kabinette te kies. Spyt kom dikwels te laat.
  • Stoorplek is belangrik. Daar is baie items beskikbaar hiervoor, soos ’n laai wat ’n strykplank berg, ’n rondomtalie-speseryrak wat uitdraai sodat jy alles binne bereik het, of ’n kas vir jou vullisdrom.
  • Versonke liggies bokant jou werkoppervlak spaar elektrisiteit en skep atmosfeer.
  • Oorweeg ’n tafel pleks van ’n toonbank. Dit is gesellig en spaar baie ruimte.

Lees ook: Die dekorneigings wat in is vir 2020 – en dié wat uit is

Franse voorkoms

Lesley se huis weerspieël haar liefde vir Frankryk. Die avokadogroen kabinette en kroonkandelaar word deur die ou houttafel geanker. Haar swart stoof skakel perfek by die res van die palet in.

Lees ook: Gratis patroon: Maak self inkopiesakke

Dis jou kombuis – die mooiste wenke en inspirasie

Tekstuur

Chris Weylandt se kombuis is ’n weerspieëling van sy winkel. Hier is geen kleur nie, net tekstuur. Die pragtige houtstoele, dakkappe en kroonkandelaar is eie aan sy styl. Alles is afgerond met mooi dekorelemente. Die pragtige swart poppies is onvergeetlik.

Lees ook: Die 4 slaapkamervoorkomste wat jy in 2020 moet omhels

Ouwêrelds

Franza se Karookombuis is ouwêrelds met ’n lapgordyn voor die opwasbak. Sy vervolmaak die gestroopte voorkoms perfek. Omdat sy in die hartjie van die Karoo woon, is haar keuse perfek.

Lees ook: Maak self die oulikste kruieblikkies

Dis jou kombuis – die mooiste wenke en inspirasie

Meenthuis

Jean se kombuis is klein, maar perfek georganiseer. Dit vloei met presisie na die leefvertrek. Sy hou baie van bak en die groot gasstoof is die anker van die vertrek.

Lees ook: 7 foute wat jy nie mag maak as jy ’n matras koop nie

Middelslag

Sonette se kombuis is beplan vir haar klein gesin. ’n Tweesitplektafel is oorgenoeg en daar is steeds genoeg ruimte om haar gunsteling-items uit te stal. Die kabinette se afwerking is besonders en gee genoeg detail aan hierdie eenvormige kombuis.

Lees ook: Maak self die mooiste wegpakplek vir jou tuingereedskap

Dis jou kombuis – die mooiste wenke en inspirasie

Alternatief

Jy sal hierdie besonderse kombuis op ‘n plaas net buite Franschhoek aantref. Hier is geen reëls nie, net kreatiwiteit. Die geskropte houttafel, outydse opwaseenheid en die horings en mandjies skep ’n onvergeetlike prentjie.

Lees ook: Die moets en moenies van helder kleure in jou huis

Retro

Bibette se klein kombuis spog met ’n retro-kas wat sy êrens opgespoor het en wat pleks van ingeboude eenhede gebruik word. Jy kan met min klaarkom as jy moet! Voorskote wat sy op wêreldreise aangeskaf het, is byna al versiering in hierdie vertrek.

Lees ook: Jy kan self ’n houttafeltjie maak

Klassiek

Die tydlose kombuis het ’n besonderse vloer. Die groot houttafel is die hart van hierdie kombuis met sy uitsonderlike ligte wat uit ou teepotte gemaak is. Verder sien jy oral antieke Delft.

Lees ook: Ses skoonmaakfoute vir jou meubels wat jy nooit mag maak nie

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.