kategorieë: Leef gesondGesondheid

Is dit verkoue of iets baie erger?

Ja, jou liggaam is daartoe in staat om homself teen verkoue te beskerm. Maar dit is ewe waar dat talle ernstige kwale aanvanklik soos ’n verkoue lyk. Daarby kan ’n doodgewone verkouetjie blitsig omswaai in ’n ernstige bronchitis. Of jy kan asma ontwikkel of ’n sinusitis oorhou wat jy selde afgeskud kan kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dus: vóór jy besluit om jouself te dokter, moet jy weet wat die gevaartekens is. Gebruik altyd jou goeie oordeel en gaan dokter toe as jy enige van hierdie gevaartekens sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

11 ernstige simptome van verkoue wat jy nie durf ignoreer nie

• Jy haal met moeite asem, of kan nie asem kry nie, of haal roggelend asem
• Jy haal baie vlak en vinnig asem
• Jou bors is seer, veral wanneer jy hoes
• Jy hoes bloed, tydens of selfs weke ná die verkoue
• Jy het skielik ’n hoë koors, veral as die verkoue byna oor is en koors skielik kop uitsteek
• Jy hoes na die verkoue al verby is, veral snags
• Jy het ontsettende oorpyn
• Jy het pyn oor jou sinusse. As jy vooroor buk, is jou sinusse geweldig seer en ‘swaar’
• Jou stem is weg
• Jou kliere is erg geswel en swel al meer
• Die verkoue is al verby maar jy het steeds geel neusslym

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die sewe mees algemene komplikasies van verkoue en griep

Almal is ernstig genoeg dat jou dokter moet besluit of jy antibiotika nodig het. Maar onthou om die antibiotika te spaar vir wanneer jy dit regtig nodig het. Antibiotika hou ook nadele in, byvoorbeeld vir jou dermkanaal se mikrobes.

• Asma
• Bronchitis
• Longontsteking (pneumonie)
• Middelooronsteking (otitis media)
• Stembandontsteking (laringitis)
• Sinusitis
• Endokarditis (ontsteking van die hartweefsel)

15 ernstige kwale wat met ‘verkoue’ begin

Kyk versigtig na hierdie lys van kwale wat met ’n doodgewone verkoue verwar kan word. Almal begin met dieselfde tipiese simptome: ’n bietjie of matige koors, jy nies en/of hoes en jy voel sleg.

• Waterpokkies en gordelroos
• Al die kindersiektes, soos pampoentjies, masels, Duitse masels en polio. Kindersiektes slaan deesdae dikwels uit onder studente omdat die gehalte van die vaksiene nie altyd voldoende was nie en/of omdat dit jou nie baie goed teen nuwe, wilde stamme of stamme wat tipies van Afrika is, beskerm nie.
• Tuberkulose, veral as jy snags erg sweet
• Kroep
• Hepatitis
• Herpes koorsblare
• Klierkoors
• HIV-vigs
• Herpes
• Meningitis
• Ensefalitis
• Hartversaking

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.