kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met ons nuwe Mej. SA

Vertel ons van die dag toe jy vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie aansoek gedoen het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek het gestres! Maar ek het geweet dat wat moet gebeur, sal gebeur. Ek het alles gedoen om te verseker dat my aansoek die beste is wat dit kan wees en tydens my onderhoud het ek daarop gefokus om net myself te wees. Dit was skrikwekkend, maar ook opwindend!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe het dit gevoel om te wen?

Snaaks genoeg was ek na aan die einde van die kompetisie tevrede met my vordering tot op daardie stadium. Ek was tevrede met hoe vêr ek gekom het. Maar toe ek as die wenner aangekondig is, was ek in ekstase en het ek weereens besef waarom ek dit aangepak het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe het jy jouself tydens die kompetisie gemotiveer?

Ek het baie gebid, dit was my grootste motivering. Ek het ook myself gereeld herinner aan waarom ek ingeskryf het. My familie en vriende was natuurlik ook ’n groot steunpilaar.

Wat was die moeilikste ding wat jy tydens die kompetisie moes oorkom?

Vir my was die moeilikste ding om nie myself met die ander deelnemers te vergelyk nie. Ek moes besef dat elkeen van ons ons sterkpunte het en dat ek net myself moes wees eerder as om oor dit te bekommer wat ek nie is nie.

Hoe lyk ’n normale dag nou dat jy Mej. SA is?

Ek is aansienlik besiger! In die afgelope twee weke vandat ek verkies i,s het ek baie onderhoude en verskynings om elke dag te doen.

Het jou uitkyk op die lewe enigsins verander sedert jou bekroning as Mej. SA?

Dit het definitief verander. Ek weet nou dat ek enigiets kan probeer en as ek regtig my hart daarop sit, keer niks my om my drome na te jaag nie.

Waaroor is jy die mees opgewonde as Mej. SA?

Ek sien die meeste uit om aan ander terug te gee. Omdat ek as Mej. Suid-Afrika by baie liefdadigheidsprojekte betrokke is, het ek die kans om baie mense se lewens te verryk. Ek is baie opgewonde daaroor!

Hoe hou jy jouself plat op die aarde?

Ek herinner myself aan hoekom ek in die eerste plek aan die Mej. SA-kompetisie deelgeneem het. Ek praat ook gereeld met my familie – hul liefde en ondersteuning hou my nederig.

Wat is jou gunstelingskoonheidsproduk?

Definitief maskara! Ek dra dit selfs al het ek nie onderlaag aan nie. Dit gee jou net daardie ekstra tikkie glans.

Wat is jou gunstelingmodegier vir herfs?

Op die oomblik is dit broeke met uitklok-pype. Dit laat jou altyd stylvol lyk en boonop kan dit saam met enigiets gedra word!

Hoe ontspan jy ná ’n lang dag?

Ek klim dadelik in die bed! Ek glo daarin om genoeg slaap te kry sodat ek hope energie het om die volgende dag aan te pak.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.