kategorieë: InspirasieJou lewe

Só maak doelas die dood minder skrikwekkend

Deur Mariette Snyman. Foto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In ons samelewing praat ons nie maklik oor die dood nie. Onderwerpe soos wat jy by ’n sterfbed kan verwag, wat in die laaste paar uur met die liggaam gebeur, en hoe jy ’n sterwende kan bystaan, word selde openlik bespreek. Die ironie is dat die einde énige tyd vir ons of een van ons geliefdes kan aanbreek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Nuwe verskynsel in die buiteland is doodsdoelas. Ons weet van geboortedoelas wat help om ’n nuwe lewetjie die wêreld in te bring; nou is daar doodsdoelas: mans of vroue wat help met die oorgang van die lewe na die dood. Hulle verskaf steun aan iemand wat sterwend is of gaan sterf, sowel as hul nabymense – voor, tydens en na die dood. Dit sluit fisieke, emosionele, sielkundige en selfs geestelike hulp en begeleiding in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Dink nuut oor die vroedvrou-opsie

Doodsdoelas se dienste kan verskil, maar meestal is hul benadering holisties, nie-medies, en prakties.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat doodsdoelas doen

  • Doodsdoelas tree op as “metgeselle” (companions) vir ’n sterwende of iemand met ’n lewensbedreigende siekte, in ’n tuiste, hospitaal, hospies of ouetehuis. Hulle kan sekere versorgingstake oorneem, vrae beantwoord, voorlees, omsien na behoeftes en wense, die sterwende help vrede vind, hul hand vashou, ensovoorts.
  • Doodsdoelas kan die naasbestaandes ondersteun deur inligting en insigte te verskaf, by die sterwende te bly as familielede nie daar kan wees nie, gesprekke te fasiliteer, almal te help om teen die einde sinvol te groet, en so meer.

Doodsdoelas vul die gaping wat ontstaan wanneer medici nie meer iets vir ’n sterwende kan doen nie

  • Hulle gebruik soms hulpmiddels soos ligte hand- en voetmasserings, begeleide visualisering of meditasies, en begeleide asemhalingstegnieke om stres te verminder.
  • Doodsdoelas vul die gaping wat ontstaan wanneer medici nie meer iets vir ’n sterwende kan doen nie en die dood op hulle wag. Hulle rol verskil ook van dié van begrafnisondernemers, wat eers toetree sodra iemand oorlede is, hoewel sommige doelas die liggaam kan was en klee, ’n lykswaak kan fasiliteer, die begrafnis kan help reël en met papierwerk of die rouproses kan help.

Hoe word jy ’n doodsdoela?

Ons weet van geen plaaslike maatskappy wat opleiding verskaf aan doodsdoelas wat by volwassenes se afsterwe betrokke is nie, maar NCOT gee opleiding aan doelas gemoeid met miskrame en stilgeboortes. Die maatskappy behoort aan Nicci Coertze van Pretoria: “Ons is die enigste maatskappy in Afrika wat aanlynopleiding aan doodsdoelas verskaf wat Suid-Afrikaans spesifiek is. Ek is self ‘n perinatale trooswerker of bereavement doula wat al meer as 30 perinatale sterftes hanteer het. Ek is internasionaal opgelei by Stillbirthday University. Kontak my gerus vir navrae: 071 1040 299, ncot2017@gmail.com of www.ncot.co.za.”

In die VSA en ander lande is daar verskeie instansies wat opleiding aan doodsdoelas bied. ’n Wye verskeidenheid mense – sommige in die hulpprofessies, of bloot mense wat geroepe voel om betrokke te wees by die oorgang van die lewe na die dood – doen vir opleiding aansoek. Skynbaar is daar oorsee nog geen standaardopleidingsprogram, regeringsvereisters, regulering of lisensiëring nie.

Party doodsdoelas werk vrywillig, terwyl ander ’n fooi hef

Party doodsdoelas werk vrywillig, terwyl ander ’n fooi hef. Afhangende van die aard van ’n kliënt se toestand en prognose kan ’n doela jare lank by die persoon betrokke wees.

Mense wat dié werk doen, sê dit maak hulle geensins depressief nie en dat hulle hul kliënte op ’n diep, sinvolle vlak leer ken. Dis vir hulle bevredigend om hierdie verbintenisse te vorm en om die ervaring van die dood vir sterwendes sowel as hul naasbestaandes minder angswekkend te maak. In baie gevalle is hulle ’n anker, ook vir gesonde mense wat bloot met iemand oor die dood wil praat.

Kyk by www.youtube.com/watch?v=5EfgMmhituo na ’n gesprek met ’n paar doodsdoelas.

Bronne: www.verywellhealth.com en www.huffingtonpost.com

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

23 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.