kategorieë: Gesondheid

Doen jou eerste marathon

Jy doen gereeld halfmarathons, maar wonder altyd of jy nie eendag ’n volle marathon moet aandurf nie. Klink dit soos jy? Dan het ons net die geleentheid vir jou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Beroemde SA-atleet, Elana Meyer, wat saam met Francios Pienaar ’n handelsmerk-ambassadeur vir die Cape Town Marathon is, gaan elke Maandag vir die volgende vier maande ’n oefenprogram vir rooi rose-lesers plaas om jou van half- na volle marathon te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Iets oor die Cape Town Marathon:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die 2015 Sanlam Cape Town Marathon word oor die naweek van 19 en 20 September in Kaapstad gehou. Dis die eerste marathon op die kontinent wat ’n “Silwer Label Status” –toekenning van die International Association of Athletics Federation (IAAF) gekry het en dit onder die top 38 marathons in die wêreld plaas. Verlede jaar het 12 500 atlete die wedren aangedurf en hierdie jaar hoop die organiseerders om 20 000 inskrywings te kry. Die prysgeld is R1.6 miljoen.

Vir die wat nie hul visier op die pryspot het nie is daar steeds groot pret in die vorm van ‘n roete wat jou verby wonderlike plekke neem soos die Liesbeek Rivier, Rondebosch Common, Nuweland-krieketveld, Groote Schuur, Universiteit van Kaapstad, Distrik Ses, Kasteel, stadsaal, parlement, Tuine, St. George katedraal, Groentemarkplein en die Moederkerk om net ’n paar te noem. Boonop is die afsnytyd verleng tot sewe uur om hardlopers van alle vaardighede te akkommodeer en die wedren begin eers teen ’n beskaafte 7h00.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is ook ’n 10km pret-ren en 22km en 10km veldren.

Vir meer inligting en inskrywings : www.capetownmarathon.com

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

14 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.