kategorieë: Gesondheid

Dol oor neute

Mense is dikwels negatief teenoor neute weens die hoë vetinhoud, maar laat ons finaal van dié mite ontslae raak. Neute is ’n noodsaaklike deel van ons dieet en hul voedingsvoordele is veel belangriker as die hoë vetinhoud. Hier is vier redes hoekom jy neute moet eet:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Moenie alles glo wat jy lees nie, neute kan help met gewigsverlies
Bevindinge van ’n verpleegstersgesondheidstudie het getoon neut-eters is maerder as diegene wat nie neute eet nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Verdere studies het getoon diegene wat vyf keer ’n week neuter eet, verminder hul kanse om ’n hartaanval te kry met 50%.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Neute bevat hoë hoeveelhede vesel, proteïen, vitamien E (wat goed is vir jou vel), en ’n verskeidenheid noodsaaklike minerale.

4. Die meeste neute is hoog in omega 3-vetsure, wat cholesterol verlaag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is van ons gunsteling neut-happies:

Amandels is die supersterre van die neutfamilie (en ons gunsteling hoë proteïen-happie). Amandels is ryker in vitamien E, kalsium, magnesium en kalium as enige ander neut. Hulle is ook ’n belangrike bron van proteïen en vesel, ’n kragtige anti-oksidant, en natuurlik laag in suiker. #weheartalmonds
Pistachioneute is die mees verslankende neute. Hulle is laag in kalorieë en hierdie klein groen neute is kragtig. Dit is ’n goeie bron van vitamien B6 wat jou bui kan lig en jou immuunstelsel versterk.
Okkerneute: Het jy al ooit opgelet dat okkerneute soos die menslike brein lyk? Studies het getoon okkerneute kan help met die brein-funksie en gesondheid, insluitende die vermindering van die kanse van Alzheimer se siekte en demensie.

Bron: Cotton On Body

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.