kategorieë: Blogs

Doodgewoon menslike aanraking

Ek hóú van aanraking.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis natuurlik ietwat riskant om hierdie bekentenis te maak. Op een of ander onverklaarbare manier het aanraking in ons samelewing ‘n slegte naam gekry; jy moet mooi dink waar, wanneer en hoe jy aan iemand raak of aangeraak word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Groot Vrees is waarskynlik dat aanraking seksuele ondertone sal hê en pervers of skadelik sal wees. Terwyl ek nie ontken dat dit by tye die geval is nie, word die baba baie keer sommer summier saam met die badwater uitgegooi. Die spontane behoefte om op ‘n inkopietog by ‘n hartsvriendin in te haak of vir ‘n kollega ‘n lekker druk te gee, word dikwels geïgnoreer omdat die gebaar vreemd mag lyk of verkeerd opgeneem kan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe jammer tog! Ons is warm wesens wat van nature daarop ingestem is om met ander kontak te maak – nie net emosioneel of intellektueel nie, maar ook fisiek. Dis algemeen bekend dat navorsingstudies bewys het baba-apies met draadma’s se ontwikkeling word gestrem hoewel hulle genoeg kos kry – die deurslaggewende vel tot vel-kontak ontbreek. Die meeste van ons weet ook intuïtief wat die term “velhonger” beteken.

Hoe gemaak met ‘n behoefte aan doodgewoon menslike aanraking? Soms wens ek ons het massering as natuurlik en noodsaaklik beskou, soos die Thai bevolking klaarblyklik doen. In Bangkok is daar ‘n masseersalon om elke hoek, dis goedkoop (hoewel diie hantering soms aan die hardhandige kant is) en niemand verdink jou van duistere motiewe as jy by ‘n Thai masseuse aanmeld nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dalk moet ons ‘n masseertradisie in ons gesinne begin. Boetie kan Ma se voete masseer in ruil vir al die kere wat sy hom en sy meisie by die fliek gaan aflaai, Sussie kan kopmasserings uitdeel, en Pa … wel, pa’s het mos ook talente?

Ek dink ons vroue moet in hierdie geval aan die ontvangkant wees. Sonder ons het die samelewing al lankal ‘n algehele ineengestorting beleef.

Toe, waarvoor wag jy? Gaan google ‘n paar masseertegnieke en haal ‘n kind, lewensmaat, niggie, kollega(?) of wie ookal oor om ‘n nuwe, gesonde, genesende tradisie op dreef te kry.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

20 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.