kategorieë: Dra dit soMode

Dra dit soos Victoria Beckham

Deur Bea Lingenfelder Hooffoto: Twitter:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is duidelik dat Victoria presies weet waarvan sy hou en wat by haar pas – sy wissel soortgelyke style en stapelitems af om verskillende voorkomste te bereik. Haar modereekse bewys ook dat jy nie klassieke uitrustings moet ignoreer as dit by nuut-en-nou-modes kom nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Victoria se styl kan ’n mens as minimalisties-sjiek beskryf: Jy sien haar by talle geleenthede in slegs ’n vleiende rok en hakskoene, of ’n uitklokbroek, tekkies en ’n knopieshemp. Sy verkies effekleure bo patrone, maar is nie skrikkerig om met kleure en teksture te eksperimenteer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dra dit so:

Jas

’n Jas bly maar altyd ’n winter-moet-hê. Dit skep daardie perfekte afronding en is gepas vir formele of informele geleenthede. Victoria hou daarvan om haar baadjies en jasse net oor haar skouers te drapeer – dan voel jou winterlae nie so dik nie en dit span nie so styf om jou lyf nie. Dit laat jou boonop ook sommer vinnig en maklik soos ’n modevoorstaander lyk. Klassieke kleure soos swart, grys en kameel bly ’n gunsteling, maar hierdie winter is rooi en blou ook volop in die winkels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Snyersbroek

Victoria bieg dat sy dikwels nie tussen haar snyersbroek of denim kan kies as dit by ’n gunstelingstapelitem kom nie. Met die athleisure-styl wat ’n gemaklike-sjiek voorkoms bied, is werksdrag en sweetpakke ’n wen-wen kombinasie. Belê in ’n snyersbroek wat jy saam met ’n formele uitrusting, maar ook saam met tekkies en ’n sweetpaktop kan stileer. Dit skep dadelik ’n moeitelose tog moderne voorkoms sonder om slordig te lyk.

Die kameelkleurbloes

Wit, swart en kameel is seker van dié Beckham se gunstelingkleure. As jy ’n bont en kleurvolle uitrusting aan het, is ’n kameelkleurbloes perfek om al die kleure bymekaar te bind. As jy eerder ’n meer klassieke kleurpalet verkies, is kameelkleur ’n goeie keuse om verskeidenheid te gee. Met die uitrusting wat Victoria aan het kan jy gerus met verskillende kleure hemde speel – waag ook ’n patroonhemp vir ’n prettige afronding.

Punthakskoene

Die kenmerkende spykerhakskoen wat ’n punt by die tone vorm, is sinoniem met Victoria. ’n Gepunte toon laat jou voet fyner lyk en werk goed by uitklokbroeke of maksi-rompe sodat jy steeds ’n elegante element behou. Nie almal van ons kan egter soos sy oor die pad en deur winkelsentrums sweef met ’n paar spykerhakke nie – probeer ’n skoen in dieselfde styl, maar met ’n dikker hak.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.