kategorieë: Dra dit soMode

Dra jou denims só

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Donker, lig, vroulik of gewaagd. Die denim bly klassiek en kan hierdie somer (of enige ander seisoen), jou beste maat wees. Ons wys jou hoe:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Versierde denim

Geen denim is té oud en opgedra om die trekpas te kry nie! Omskep jou denim in ’n kreatiewe uitrusting deur geborduurde blommotiewe vas te werk aan broekspype, heupsakke of romppanele. Jy kan ook “patches” of “badges” aan ’n denimbaadjie vaswerk. Dra dit saam met ’n wit t-hemp en swart broek.

#rooirosewenk: Hou die res van jou uitrusting eenvoudig as jy geborduurde denims dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Eenvoudig met denim

Vir alledaagse dra is gemak en eenvoud van uiterste belang. ’n Moet-hê item is die hemprok. Hierdie rok kan met bonkige en kleurvolle juwele, ’n oorgroot handsak of bypassende hakskoene gedra word vir daardie nie-so-informele voorkoms.

Somerjas

’n Somerjas is een van jou beste kopies vir lente en somer. Hierdie jas is van ligte materiaal en nie gevoer nie. Dit is perfek vir someraande. Dit pas by alles! Jy kan dit bo-oor ’n rok, denims of kortbroek in enige kleur dra.

Kinderspeletjies

Keer terug na jou kinderdae en speel rond met prettige denim-skouerbroeke. Dra ’n skouerbroek bo-oor ’n eenvoudige wit t-hemp.

Somer-skouers

Hierdie somer gee ons die koue skouer vir materiaal wat té veel vel bedek en ons omhels die somerweer. Spog met daardie goue glans en dra ’n oop-skouer denimbloes met ’n midiromp of kortbroek vir ’n gemaklike, dog sensuele en vroulike voorkoms.

Op soek na ’n splinternuwe denim? Dan is WonderFit net vir jou! Waarna soek ’n vrou in jeans? Navorsing het bewys vroue kyk na ’n perfekte passtuk, gemak, verskeidenheid, styl en kwaliteit. Dus: jeans wat hulle perfek laat voel en lyk. Dít was die pilare tydens die ontwerp van Miladys se nuwe WonderFit-reeks. Lees meer hier

Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.