kategorieë: Dra dit soMode

Dra jou wit denim só

Wit is altyd ’n wenner in die warmer maande van die jaar. Daar is iets vars en stylvol omtrent die kleur wat jou van dag tot aand laat voel dit is SOMER. Boonop werk dit goed saam met alles. Deur Susra Matthee. Hooffoto: Twitter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die wit denim-neiging is egter nie vir sissies nie. Dit is nie ’n praktiese kleur as jy na klein kindertjies moet omsien nie en word dikwels afgekeur as dit kom by ’n verslankende voorkoms. Maar jy kan jy tog soos ’n droom lyk, mits jy dit reg stileer. Indien jy groot heupe of bobene het, dra dit saam met ’n lang, lospassende wit hemp, wat tussen jou heupe en knieë eindig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die nuutste is om jou wit denim saam met ’n strooimandjiesak te dra en neem jou só op reis na die Franse Riviera. Vir koeler aande kan jy ’n sy-serpie om jou nek bind of ’n liggebreide trui oor jou skouers gooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook meer oor strooimandjies: jou nuwe somer-gunsteling

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sorg só vir jou wit denim

  1. Behandel vlekke dadelik

Smeer ’n vlek saggies met warm water en skoonmaakmiddel. Moenie vryf of te hard druk nie – dit sal die vlek net vererger. Gebruik ’n wit lap sodat jy nie per ongeluk kleur op jou denim oordra nie. Die vlek moet in grootte krimp en onmiddellik in kleur verlig. Dit sal later baie makliker wees om in die was heeltemal te verwyder.

  1. Binne na buite

Tussen die spoel- en spinsiklus kan jou wasmasjien ’n swaar tol op jou denim plaas. Om die buitekant te beskerm, asook om te veel wrywing te voorkom, draai jou denims na binne voordat jy dit was.

  1. Gebruik warm water vir hardnekkige vlekke

Gebruik koue water as die vlek nie so erg is nie, maar warm water vir wanneer die vlek aansienlik groter is. Dit sal die vlek makliker verwyder. Wees egter versigtig dat die water nie té warm is nie, aangesien hoë temperature denim-materiaal laat krimp.

  1. Vermy versag- en bleikmiddels

Moet nooit ander middels as die oorspronklike wasmiddel en water op wit denims gebruik nie – versag- en bleikmiddels kan jou denim geel maak.

  1. Hang op

Die hoë temperatuur van jou droër kan jou denims laat krimp. Hang jou denim eerder op om sy vorm te behou.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.