kategorieë: Ons menseBekendes

Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs

Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie sterk deur die lewens van die inwoners van Ruiterbosch, die fiktiewe woonbuurt waar die kykNET-sepie Suidooster afspeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Kuns is alles by vanjaar se Suidoosterfees

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hou alles wat kan beweeg, baie styf vas in Maart, want dié Suidooster-storielyn gaan jou deurmekaar waai:

  • Kaashifa (Jawaahier Petersen) moet die gevolge van haar dade in die gesig staar. Boonop lyk haar toekoms maar baie donker nadat Rhafiek (Irshaad Ally) gesê het hy wil van haar skei. Dit skep natuurlik ook nuwe spanning in die Samsodien-gesin. Hoe  gaan Mymoena (Jill Levenberg) op dié skokkende nuus reageer? Daar is bitter moeilike besluite wat geneem moet word . . .
  • Carlo (Jadon Booysen) spandeer al hoe meer tyd by die Royal en die band tussen hom en Nazeem (Irvine van der Merwe) word al hoe sterker. Nazeem is natuurlik heel in sy noppies met dié aanstelling want dalk kan hy vir Carlo ’n ding of twee van die lewe leer – of eerder van sy eie interpretasie van die lewe. Gaan Carlo met vuur begin speel en dalk, net dalk, sy vingers verbrand?
  • Met die horlosie wat besig is om vir Cilliers (Laudo Liebenberg) uit te hardloop, het hy belangrike besluite om te neem. Hy spandeer betekenisvolle tye met Elana (Esther van Waltsleben). Maar daar kom ’n tyd wanneer hy sy vriendin moet groet.
  • Die Suidooster waai boonop ’n nuwe gesig tot binne-in Ruiterbosch! ’n Aantreklike jong blondine, Frankie, kom skiet wortel hier en begin by Oos Wes werk. (Die aktrise wat Frankie vertol sal binnekort deur Suidooster onthul word.)

  • Justin (Eden Classens) en Gary (Craig Adriaanse) mag dalk die strydbyl oor die app begrawe het en dink hulle is die nuwe Steve Jobs, maar hul nuutgevonde vennootskap is allesbehalwe maanskyn en rose . . .

Lees ook: 10 redes waarom jy die Februarie-uitgawe van rooi rose móét lees!

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET, DSTv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET & Kie, DSTv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in Binnelanders

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

22 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.