kategorieë: Ouerskap

Druk jy jou kind tot in die rooi?

Ouers belê baie tyd, emosionele energie en geld om ’n gelukkige en suksesvolle toekoms vir hul kinders moontlik te maak. Maar dis moeilik om presies te weet hoe om kinders te motiveer om hul geleenthede ten beste te benut.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy druk jou kind …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• As jy die kind dwing of manipuleer om dinge te doen wat jy graag as kind sou wou doen en nooit kon doen nie.
• As sy prestasies net nooit in jou oë goed genoeg is nie. Jy glo en kommunikeer meestal dat sy beter kan doen.
• As haar deelname of prestasie vir jou belangriker is as vir haar.
• As dit oor jou beeld gaan en jy bekommerd is wat ander sal dink.
• As dit wat sy moet doen nie vir haar sin het nie, of sy glad nie daarvan hou nie.
• As jou kind nie tyd het om sommer net kind te wees en te speel nie.
• As julle nie eens tyd het om saam te eet en lekker te gesels nie.
• As jou kind se aktiwiteite sy slaap, verhoudings en geluk belemmer. Maar dis ’n moeilike situasie as jou kinders nie hou van die dinge wat vir hulle noodsaaklik is om te doen, soos om te lees en te leer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dr. Jim Taylor, skrywer van Positive Pushing: How to raise a successful and happy child, sê kinders kan suksesvolle presteerders wees én gelukkige kinderdae hê. Hy sê die drie pilare vir suksesvolle presteerders is ’n gesonde selfbeeld, eienaarskap en emosionele beheer.

Kinders wat meer geprys word vir hul pogings en insette, eerder as oor hoe slim en oulik hulle is, is meer gemotiveerd en presteer beter. Ongemotiveerde kinders het dikwels ’n probleem. Party kinders het nie die vaardighede om te presteer nie – en dit is nie hulle keuse nie. Of hulle glo nie meer in hulself nie, of besef nie die waarde en noodsaaklikheid van wat hulle moet doen nie. Ongelukkig kry hulle die etiket dat hulle ongemotiveerd, moedswillig en stout is.

Volgens drs. Aubrey Fine en Michael Sachs, skrywers van Total Sports Experience for Kids, moet kinders die volgende dinge glo om suksesvolle presteerders te wees:

• Ek word werklik liefgehê: Dit gee hulle ’n gevoel van eiewaarde.
• Ek is tot baie in staat: Dit gee die oortuiging dat ek die vermoë tot sukses het.
• Dis belangrik om te probeer: Dit vestig die waarde dat insette saak maak.
• Ek is verantwoordelik vir my dag en gedrag: Dit bring eienaarskap en verantwoordelikheid.
• Dis oukei om foute te maak: Dit bring aanvaarding van onvolmaaktheid.
• Ek kan dit hanteer as dinge skeefloop: Dit leer hulle teëspoed en moeilikhede hanteer.
• Ek geniet wat ek doen: Dan word geluk en passie ’n waarde.
• Ek kan verander: Dan vind groei en ontwikkeling plaas.

Volgens die sielkundige Frederick Herzberg se tweefaktor-teorie vir motivering is daar dinge wat tot motivering bydra en ander wat tot ontevredenheid en ongemotiveerdheid lei. Mense het twee oorheersende behoeftes: om pyn te vermy en ’n begeerte tot sielsbevrediging en groei.

Herzberg sê die volgende dinge motiveer mense:
• prestasie motiveer die meeste, dan
• erkenning • die werk of aktiwiteit self • verantwoordelikheid • vordering en • groei.

Dis interessant dat bevind is dat materiële vergoeding en beloning nie die belangrikste motiveerders is nie. Mense stel meer belang in verhoudings met ander, erkenning, groei en ontwikkeling. Daarom lê die kuns van motivering en om die beste uit iemand te kry, eerder in die vermoë om met ’n kind ’n verhouding te hê en hom te laat voel hy behoort iewers, as in die toepassing van ’n klomp reëls.

Dinge wat volgens Herzberg tot ongelukkigheid en demotivering lei, moet eers opgelos word voor daar aan motivering gewerk kan word.

10 rooi ligte

Die volgende gevaartekens dui daarop dat ’n kind ongemotiveerd is en te veel druk ervaar:

1 Hul prestasies het vir hul min waarde en motiveringskrag.
2 Hulle put min plesier daaruit, veral as hul ouers te veel vir hulle doen.
3 Hulle verloor belangstelling in die aktiwiteit en is ongemotiveerd as hulle voel hulle is in elk geval nooit goed genoeg nie.
4 Hulle verloor hoop en glo nie in hul vermoëns nie.
5 Hulle voel nie goed oor hulself nie en wil dikwels nie dinge waag nie.
6 Hulle raak moeg, moedeloos, geïrriteerd en iesegrimmig.
7 Hulle raak en voel gestres en oorweldig en ervaar nie hulle het tye van ontspanning, pret en plesier om hul batterye te herlaai nie.
8 Hulle word siek, angstig en depressief. Hulle kry maagpyn en hoofpyn.
9 Hulle rebelleer om vry te kom van die druk en skedule en maak hulle aan wangedrag skuldig.
10 Hul verhouding met hul ouers en ander volwassenes ly skade, veral as ouers voortdurend oor hulle kla en kerm. Dan raak hulle selektief doof vir hul ouers se woorde. Selfs die positiewe en opbouende optrede van ouers word dan as kritiek dat hy nie goed genoeg is nie, beleef.

Motiveer sonder te veel druk

• Ken jou kind: Verskillende kinders word verskillend gemotiveer en het verskillende behoeftes. Maak seker jy weet wat vir jou kind saak maak, sy droom is en sy tone laat krul.
• Maak seker jy het ’n naby, oop en eerlike verhouding met jou kind en dat hy aanvaar en geliefd voel.
• Wees versigtig met belonings. Dis gewoonlik korttermynmotiveerders en kan daartoe lei dat kinders dinge nie om die regte redes doen en verantwoordelikheid aanvaar nie.
• Dit het min sin om te probeer motiveer as daar dinge is wat nie reg is nie en krap. Raak eers daarvan ontslae en maak seker dat jou kind die vaardighede het om te kan doen wat verwag word, hetsy dit perseptuele, skolastiese, intellektuele, emosionele of taalvaardighede is, en dat niks met sy aandag en konsentrasie, selfbeeld en selfvertroue skort nie. Maak ook seker dat:
• Julle skedules, reëls en manier van doen opbouend ervaar word.
• Toesig en leiding ondersteunend en nie beherend is nie.
• Die kind die sin, relevansie en betekenis van die aktiwiteite verstaan.
• Die kind gerespekteer en veilig voel en ervaar dat daar vir hom tyd is.
• Jou kind self bepaal wat sy fokus, energie en tyd steel, asook hoe hy dit kan vermy en bestuur.
• Fokus dan op die dinge wat hom wel gaan motiveer, soos prestasie, erkenning, groei en verantwoordelikheid deur geleenthede tot ontwikkeling en prestasie te skep wat by sy vaardighede en talente pas.
• Gee soveel erkenning moontlik vir sy pogings en insette.
• Die take of werk so lekker en prettig moontlik te maak, met meer klem op die sin en genot as op die prestasie.
•Hom soveel moontlik verantwoordelikheid en beheer ingevolge beplanning, doelwitte en uitvoering van take te gee.
• Die kind te help om sy suksesse te geniet en belonend te ervaar.
• Gereeld seker te maak dat die kind gelukkig en gebalanseerd is met genoeg vrye tyd en sosiale interaksie om te voel hy behoort iewers.

Verwag van jou kind die goeie. Dit sluit taal uit soos: Moet nou nie weer dit of dat nie. Dit stel eerder die verwagting dat jy dink en glo sy sal reg en verantwoordelik optree.

Lees ook: Hoe om ’n trae kind te motiveer

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.