kategorieë: Leef gesondGesondheid

Druk nou daai sigaret dood

Die 5-tree plan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kry ’n staanplek

Kies ’n ruimte waar jy vyf tree terug kan stap (jy kan die tree ook net visualiseer, maar fisieke tree werk beter). Maak jou oë toe en beskryf vir jouself hoe die omgewing lyk waarin jy is wanneer jy rook. Die doel is om te verstaan watter prikkels in jou omgewing jou laat rook. Dit wys watter behoeftes jy het wanneer jy lus is om te rook.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vrae om te vra:
Wie is saam met jou? Wat val jou op as jy daar is? Watter faktore in die omgewing beïnvloed jou om te rook? Dalk stres, verveling of moegheid? Of ’n behoefte aan geselskap, ’n bietjie bederf of selfhandhawing?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stap die eerste tree terug

Kyk na jou gedrag. Beskryf jou bewegings en gedagtes terwyl jy rook. Die doel is om die emosionele voordele te identifiseer wat die rookgewoonte vir jou inhou. Dit dui vir jou aan na watter belonings jy op soek is. Evalueer of die Comrades-opsie jou soort belonings kan verskaf. As dit tekort skiet, gaan jy kort voor lank weer rook. Werk liewer aan ’n ander plaasvervanger.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vrae om te vra:
Voel jy in? Of uit? Hoekom? Wat wil jy eintlik uit ’n sigaret haal? Is dit lekkersosiaal? Of laat dit jou dapper en uitdagend voel? Definieer dit vir jou onafhanklikheid? Maak dit jou deel van die groep? Sê dit jy is oud genoeg om jou eie besluite te neem? Spel dit vryheid of nonkonformisme uit?

Stap die tweede tree terug

Konsentreer nou op jou vermoëns. Dink aan jou sterk punte, en identifiseer hoe ’n sigaret hulle elke keer laat blom. Evalueer kortliks of jou talente in jou plaasvervanger vir die rookgewoonte tot hul reg sal kom. Of het jy nog opsies nodig?

Vrae om te vra:
Watter talente het jy alles? Watter vaardighede? Waarin is jy goed? Watter prestasies het jy op die kerfstok? Kan jy goed kommunikeer, mense motiveer, of beplan? By watter van hierdie eienskappe vind jy baat? Hou dit vir jou voordele in?

Stap die derde tree terug

Fokus op jou waardes en oortuigings. Dink weer oor jou Comrades-droom: pas dit steeds?

Vrae om te vra:
Kyk objektief na die dinge wat jy doen en hoe jy dit doen: wat sê elkeen oor jou beginsels en waardes? Watter waardes is vir jou belangrik? Hoe gaan die Comrades as plaasvervanger jou by die groep laat inpas as jy baie waarde heg aan samehorigheid? Of gaan dit inpas by jou individualistiese streep? Hoe gaan dit jou onafhankliker/vryer/meer in beheer laat voel? Is daar dalk ander plaasvervangers wat beter by jou waardesisteem sal pas?

Stap die vierde tree terug

Die doel is om ’n begrip van jou bestaande identiteit te kry en dit deur jou nuwe identiteit te vervang. Kies ’n simbool wat jou nuwe identiteit uitbeeld, soos ’n Comrades-medalje om jou nek as jy jou nuwe jy as ’n atleet sien.

Vrae om te vra:
Watter beeld dra jy oor met ’n brandende sigaret in die hand? Pas dit regtig by die groter prentjie van wie jy is met al jou talente, vermoëns, oortuigings en waardes? Hoe gaan jou nuwe beeld beter daarby pas?

Stap die vyfde tree terug

Kyk uit ’n geestelike perspektief na jouself. Beleef jou as uniek en kosbaar. Hou aan hierdie waarheid vas tot jy ’n diepe besef van goddelike krag en liefde ervaar.

Gee nou een tree vorentoe

Koppel hierdie bewussyn van jou verbintenis met die heelal en goddelike krag aan jou nuwe identiteit, en laat dié spirituele dimensie dit hernieu en verdiep.

Om te doen:
Versterk jou beeld as Comradesatleet tot jy dit in die fynste besonderhede kan sien. Sien hoe jy by die stadion indraf, die eindstreep oorsteek. Jy kan maar heerlik voortborduur – nie net oor die wedren nie, maar selfs oor die rit soontoe, die mense saam met jou …

Gee die tweede tree vorentoe

Dink weer oor jou waardes en oortuigings: watter beginsels is in dié stadium vir jou regtig belangrik?

Om te doen:
Dink nou weer oor hoe jou Comrades-projek jou waardes sal bevorder – hoe jy heerlik gesellig saam net die ander klublede draf, of jou eie pas handhaaf as jy ’n individualis is. Fokus op waardes wat jou identiteit as Comrades-atleet uitdruk.

Gee die derde tree vorentoe

Fokus nou op jou talente, vaardighede en prestasies en span in jou gedagtes elkeen in diens van jou nuwe identiteit in. Dink hoe die vaardighede jou Comrades-droom help verwesenlik, en die belonings meebring waarna jy smag.

Om te doen:
Hier is enkele voorbeelde. Jy moet met jou eie eienskappe werk. Was jy op skool gemiddeld in sport? Dan het jy die potensiaal vir die Comrades. Hou jy van die buitelug? Draf bring jou juis buite. Is jy getrou? ’n Roetine wat op getroue oefening staatmaak, werk vir jou, of jy sal ’n maat kan inspireer om saam te oefen.

Gee die vierde tree vorentoe

Jy is nou op die vlak van gedrag. Omdat jy intens bevredigende emosionele belonings verwag, sal dit maklik en opwindend wees – sonder daardie gevoel van interne weerstand.

Om dit te doen, moet jy dit net doen!

Terug by die begin

Jy is terug in jou werklikheid, maar jy is beslis nie terug waar jy was nie. Jy’s ’n aks anders, en met elke herhaling van die proses skiet jou beeld ’n bietjie dieper wortel.

*Besoek pfizer.co.za vir meer inligting as jy wil ophou rook.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.