Edwin Theron het in die finale episode van Kokkedoortjie, wat Woensdagaand uitgesaai is, teen Christi Myburgh (14) van Bloemfontein meegeding.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Edwin en Christi moes ’n driegang-spyskaart vir die beoordelaars, Mari-Louis Guy en Nic van Wyk, voorberei. Die kersie op die koek vir Edwin was sy weergawes van ’n Avokado Ritz as voorgereg, cordon bleu as hoofgereg en sy spyskaart is afgerond met ’n sjokoladopoeding met kersies. Dié drie treffergeregte het hom die Kokkedoortjie-wennerstitel besorg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Vir Edwin is dit belangrik om die lewe voluit te lewe en kanse te vat. Hy het egter nooit gedink hy gaan wen nie en het aanvanklik net vir die lekkerte ingeskryf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Kokkedoortjie het my lewe verander en ek is nou trots om vir die wêreld te wys dat ek daarvan hou om te kook!”
Edwin se hoofprys is ’n Meditereense bootreis, geborg deur Pentravel en hy vertrek op Saterdag (1 Julie 2017) saam met sy ma, Marietjie, en suster, Martli op hierdie droomvakansie.
Christi stap ook met ’n ongelooflike prys van Pentravel weg en hy en sy gesin vertrek binnekort op ’n vakansie na Mauritius.
kykNET is opgewonde om aan te kondig dat daar ’n opvolgreeks vir Kokkedoortjie gaan wees, maar dié keer met ’n baktema. kykNET soek nou reeds deelnemers, tussen 9 en 13 jaar oud vir Koekedoortjie, terwyl Mari-Louis Guy en Nic van Wyk weer die septer, of eerder die klitser, sal swaai in die Koekedoortjie-kombuis.
Voornemende deelnemers kan ’n e-pos stuur na koekedoortjie@homebrewfilms.tv, 021-422-3452 bel vir meer inligting of kyknet.tv besoek. Inskrywings sluit 25 Augustus 2017.
Aanhangers van Kokkedoortjie kan ook uitsien na ’n kookboek oor die reeks, wat deur Errieda du Toit saamgestel is. Dit sal vanaf 19 Julie 2017 te koop wees en bevat talle resepte uit die reeks en die beoordelaars deel ook resepte waarvan hul eie kinders baie hou.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.