kategorieë: Ons menseBekendes

Een keer om die son: Familiebande op én agter die skerm

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Suid-Afrika is propvol talent op vele vlakke en wanneer dit by die vermaakwêreld kom, is daar verskeie families wat al diep spore getrap het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In vanaand se episode, episode 3 van die reeks van 12 episodes, is dit Maartmaand en word Markus (Liam Bosman) se 18de verjaardag gevier en Ruan (Jacques Bessenger) gaan terug werk toe. Amé (Donnalee Roberts) krap in Lani (Jana Kruger) se verlede en besef Joshua (Ludwig Binge) steek vir haar iets weg. Lani en Markus se ouers, Elma (Joanie Combrink) en Sebastian (Albert Maritz), se huwelik is steeds in die weegskaal al weet Sebastian glad nie hoekom nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Joanie is dalk Ludwig se skoonma in Een keer om die son, maar in die werklike lewe is hulle ma en seun. Joanie en Ludwig, wat beide drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer het, het al voorheen saam in die kykNET-dramareekse Dwaalster en Nêrens, Noord-Kaap gespeel en het verskeie kere die verhoog gedeel.

Albert is die seun én die pa van twee akteurs. Sy seun, Viljé, is nie net bekend as akteur en TV-aanbieder nie, Albert se pa, Dawie, was ook ’n gerekende akteur wat uitgeblink het op die verhoog, radio en in TV-reekse soos Geknelde land.

Susanne Beyers en Pierre van Pletzen is Salie en Jan Wessels, Elma en Sebastian se goeie vriende, in Een keer om die son. Susanne is Pietie Beyers, wat op die oomblik te sien is in die kykNET-komedie Pronk Primêr, se ma en Pierre is pa van die talentvolle aktrise en modeontwerper Zetske en die musikant Peach.

Een keer om die son wys vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes sal ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar wees.

Lees ook: Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

24 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.