kategorieë: KosSomerkos

Eiers gevul met beet en avokado

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 6 eiers, gekook (soos beskryf en afgedop – sien onder)
• 1 beet, gekook en geskil
• 1 avokado, geskil en pit verwyder
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 15 ml (1 e) olyfolie
• fyn kruieblaartjies vir opdiening

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Sny die eiers middeldeur en verwyder die eiergele met ’n teelepel. Verwerk die eiergele en gekookte beet in ’n voedselverwerker tot glad. Geur met sout en swartpeper.
2 Skep lepels vol van die beetmengsel in die holtetjies waar die eiergele was.
3 Verwerk die avokado, knoffel en olyfolie in ’n voedselverwerker tot glad.
4 Geur met sout en swartpeper.
5 Skep die avokadomengsel in ’n spuitsak en spuit hopies op die beet.
6 Sit met die vars kruie voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kook die perfekte eier

Maak ’n klein kastrol halfvol water en bring die water oor hoë hitte tot kookpunt. Laat sak die eiers met ’n gaatjieslepel versigtig in die water in en verlaag die temperatuur. Laat prut die eiers liggies vir 10-12 min. Trek van die hitte af en koel onder lopende koue water af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Vickie de Beer

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.