kategorieë: Blogs

Ek, Gawie & Jaun gaan kuier vir die onkoloog

Dit is die dag van my eerste afspraak by die onkoloog. Jaun piekel my na die Flora-onkologiesentrum toe aangesien ek nog nie mag motor bestuur nie. Daar is die gewone formaliteite van vorms invul en solank betaal vir die konsultasie voordat ons na die wagkamer toe beduie word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek het ‘n kliniese plek verwag waar ‘n spul doodsiek mense met kaal koppe en hol oë rondsluip. Ek was verkeerd. Vandat jy instap, sien jy mense wat glimlag en hoor jy mense lag. ‘n Aantreklike vrou in haar veertigs zirts met ‘n groot glimlag by ons verby. Sy kom bloedtoetse doen, verduidelik die ontvangsdame. Sy is nou al jarre der jarre in remissie. Goed om te weet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op pad na die wagkamer is daar ‘n opening waardeur jy die vertrek kan sien waar die chemo toegedien word. Hoofkwartier, doop ek dit. Ek sien gerieflike swart leunstoele en dripstaanders en ek hoor ‘n gelag en geskerts daar binne. H’m. Vrolike verpleegpersoneel én pasiënte. Goed om te weet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In die klein wagkamertjie sit ‘n paartjie. Seker in hul sestigs. Die man is in ‘n rolstoel. Die twee sit deur dieselfde tydskrif en kyk terwyl hulle gesels oor huisverbeterings en vakansies. Hulle glimlag vir ons en groet ons vriendelik. Amper asof ons deel is van hulle familie.

Die besoek aan die onkoloog is van korte duur. Hy ondersoek die wond en my onderarm, voordat hy hom na my linkerbors wend. Dié word deeglik ondersoek. Die oomblik as daar ‘n knop ontwikkel, sal die bors moet gaan, vertel hy my. Ons kan nie kanse vat nie. Hy verduidelik vir ons hoe die chemo gaan werk en wat die moontlike newe-effekte is. My hare sal waarskynlik begin uitval net voor my tweede chemo-sessie. Dié sal drie weke na die eerste behandeling wees. Goed om te weet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hy wag vir nóg laboratoriumresultate sodat hy kan besluit watter middels toegedien gaan word. Chemoterapie bestaan uit ‘n hele versameling middels – alles hang af van daardie laboratoriumuitslae. Intussen moet ek gaan vir long x-strale en ‘n sonar van my buik sodat daar vasgestel kan word of die kanker verder versprei het. Genugtig. Daaraan het ek nie eens gedink nie. Dis nie asof ‘n long of ‘n kolon geamputeer kan word nie! Jy sit met die siek orgaan in jou lyf. For keeps. Dan eerder maar borskanker, baie dankie.

Ek en Jaun besluit om dadelik vir die toetse te gaan. Hoe gouer dit gedoen word, hoe gouer weet mens, en hoe gouer kan jy begin voorberei vir die noodwendige gevolge. Die radiografieafdeling is ‘n besige plek vol mense met verbande of gips aan arms en bene. Jong mense. Ek het nog altyd gedink enige vorm van oefening is baie gevaarlik – en kyk nou net, sê ek vir Jaun. Ons giggel saam daaroor. Ons wag vir ‘n hele ruk voordat dit my beurt is. Eers x-strale. Ek is bang dat die wond gaan seerkry, maar die prosedure is vinnig en pynloos. Die radiografis is baie empaties toe ek haar vertel dat ek nog sukkel om my regterarm hoog op te lig. Net so hoog as wat jy kan, stel sy my gerus. Ek word toegelaat om my mastektomiebra aan te hou, aangesien daar geen metaal aan die kledingstukkie is nie. Groot verligting. Ek gee nie om hoeveel post-operatiewe borskaste hulle elke dag sien nie. Ek is nog nie heeltemal gediend daarmee om myne vir sommer enige vreemdeling uit te stal nie.

Terwyl ek in die sagverligte sonarkamer lê en wag, dink ek weer terug aan die sonars toe ek swanger was met Tanya en Nico. Die afwagting eie aan dáárdie sonarbesoeke was heerlik. Daar is nou ‘n amperse heimwee by my en tog wil ek nie weer terug wees op daardie plek en in daardie tyd nie. Ek speel nog altyd maar met die kaarte wat aan my uitgedeel word.

Ook daardie besoek is vinnig verby. Die resultate sal aan my onkoloog gestuur word. Al wat ek nou kan doen is om te wag vir die uitslae.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.