kategorieë: Bekendes

Emma sit die “beauty” in Beauty and the Beast

Die film vertel die fantastiese reis van Belle – ’n slim, beeldskone en onafhanklike jong dame – wat deur ’n lelike gedierte, Beast, in ’n kasteel gevangene gehou word. Ten spyte van haar vrese bevriend Belle die kasteel se betowerende personeel en leer sy om verby Beast se lelike voorkoms te kyk en die vriendelike hart en siel van die Prins in hom te leer ken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Beauty and the Beast word op 17 Maart 2017 in die Verenigde State vrygestel. Met musiek deur Alan Menkden en Bill Condon as regisseur beloof dit om ’n groot sukses te wees. En wie beter om die rol van Belle te speel as die beeldskone Emma Watson?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In een van die mees ikoniese snitte van die film, kan aanhangers Emma se fenomenale sangtalent hoor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons sien hoe sy haar pad deur die arm klein dorpie dans terwyl sy, soos elke ander oggend, ’n broodrolletjie uit die bakker se skinkbord gryp en oor die dam huppel. Sy dans verby die seuns wat op pad is skool toe en die vroue wat besig is met wasgoed. Haar gedagtes is soos altyd op ’n ander planeet en sien sy uit na haar volgende romantiese boek.

Watson is baie uitgesproke oor die veranderinge wat sy en Condon aan die karakter van Belle aangebring het – van klerestyl tot loopbaan. “Ons wou hê Belle moet ’n rolmodel wees vir jong vroue en daarom is sy ’n bietjie meer feministies as wat aanhangers gewoond is in die oorspronklike weergawe.” Watson het dit al op ’n vorige geleentheid duidelik gemaak dat sy dink Belle is ’n beter rolmodel as Cinderella.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Belle bly nuuskierig, deernisvol en onbevooroordeeld. En dis die tipe vrou wat ek graag as ’n rolmodel wil uitbeeld, indien ek ’n keuse het,” het Emma in ’n onderhoud met Total Film gesê.    

Kyk gerus hoet die talentvolle Emma Watson die karakter van Belle vervolmaak:

Hier kan jy ’n voorsmakie kry van Beauty and the Beast:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

16 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.