Ertjie-en-spek-sop

Metode
- Verhit 30 ml (2 e) avokado-olie in ’n groot kastrol oor matige hitte.
- Braai 250 g spekstukkies daarin tot bros. Skep uit en hou eenkant. Braai 1 fyn gekapte ui, 1 aartappel, geskil en ruweg gekap, 2 lourierblare en 5 ml (1 t) gekapte knoffel in dieselfde olie tot sag.
- Voeg 750 ml (3 k) hoenderaftreksel en 500 ml (2 k) water by en kook vir 10-15 min. of tot die aartappels sag is.
- Gooi 750 g bevrore ertjies by en kook vir nog 2-3 min.
- Haal die lourierblare uit en verwerk die sop met ’n stokmenger tot glad.
- Geur na smaak. Sit voor met crème fraîche, babaspinasie en die bros spekrepies.
Lees ook:
