kategorieë: Blogs

Ewig nuut

Waarvoor stem jy: die oue of die nuwe?
Is dit jou keuse om elke jaar in dieselfde kusdorp vakansie te hou?
Bestel jy jou gunstelinggereg by die eetplek wat jy vertrou eerder as om ‘n onbekende restaurant uit te toets?
Les bes: hou jy van ‘n nuwe rok, maar verkies jy jou “ou” man?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die klerehandelsmerk Forever New het my aan die dink gesit. Iets is nuut wanneer dit nie voorheen bestaan het of nie voorheen “joune” was nie – jy het nie daarvan geweet, dit ervaar of dit besit nie. Sodra jy dit leer ken, beleef of jou eie maak, is dit per definisie nie meer nuut nie. Ewig nuut is ‘n botsende begrip. Of is dit?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As ek terugkyk op 2014, is daar nuwe ervarings wat uitstaan. Ek het die eerste keer onder ‘n waterval gestaan, my eerste warmlugballonvlug gehad en my eerste motiveringspraatjie gelewer. Maar ek het ook die kosbaarheid van forever new beleef. En hier staan ménse voorop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek verwonder my aan die groeiende selfvertroue by my musikantkind. En aan haar broer, skaars mondig, wat met die verrassendste insigte vorendag kom. My geliefde se diepte en speelsheid is elke dag heerlik nuut. En ‘n string ander mense – maters, kennisse, kollegas – het die gawe om terselfdertyd bekend en vars te wees.

Ek dink dis die maniér waarop ons kyk wat nuut moet bly. As ons werklik sien – met die oog, oor én hart – word selfs die oue nuut. Dan maak dit nie saak wat ons leer ken, ervaar of besit nie; ons leef in technicolour, soos dit hoort.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mag jy die kosbare en koesterbare raaksien wanneer jy op 2014 terugkyk. En mag jou visie in die nuwe jaar kristalhelder wees en elke reënboogkleur van menswees insluit.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.