Net voor Paasnaweek het ons die pad gevat na die Balule-natuurreservaat wat binne die Groter Kruger Wildtuin geleë is. ’n Paar gelukkige joernaliste was genooi om twee aande by Billy’s Lodge, een van die Ezulwini-eiendomme, te spandeer. Die natuurreservaat is sowat vyf ure se ry vanaf Johannesburg, maar as jy eerder wil vlieg sal Hoedspruit die naaste lughawe wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Billy’s Lodge het drie luukse Superior suites met private plons-poele, binne- en buite-storte en drie standaard-suites met ensuite badkamers. Dis ideaal as jy na ’n stil, private wegbreek in die bos smag, want daar kan nie meer as twaalf gaste op ’n slag tuisgaan nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }My gunstelingplek by Billy’s Lodge, wat ’n kenmerk is van albei Ezulwini-eiendomme, is die Skywalk, ’n verhewe houtpaadjie vanaf die Lodge wat oor ’n drinkgat uitkyk. Die olifante en ander wild loop gereeld daaronder rond, terwyl gaste met ’n gin en tonic in die hand hul verkyk aan alles wat daar aangaan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Billy’s Lodge spog ook met ‘n groot wynkelder met ’n indrukwekkende wynversameling wat die eienaar, Lawrence Saad, op sy wêreldreise bymekaar gemaak het. Lawrence het spesiaal van Engeland gekom om ’n wynproe vir ons aan te bied in die kelder wat soos ’n natuurlike Boesman-grot lyk. Die heerlikste aandetes word bedien in die Boma of al fresco op die dek, wat oor die bos uitkyk.
Ezulwini (wat “Paradys” in Zoeloe beteken), spog met die Groot Sewe: leeus, luiperds, olifante, buffels, renosters, seekoeie en krokodille. Twee daaglikse wildsritte met opgeleide wilbewaarders en gidse is ingesluit by die prys. Ons het ook heelwat kameelperde, sebra’s, vlakvarke, bobbejane en ’n reuse verkleurmannetjie gesien. Die roofdiere het ons bly ontwyk, maar ons het elke oggend die oorblyfsels van die vorige nag se vangs, naby die lodge, gewaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die hoogtepunt van die twee dae vir my was ’n besoek aan Paradise Camp, ’n spesiale uitkykpunt met ’n 360°-uitsig op die Olifantsrivier-kloof en heuwelagtige Balule-bos. My siel het eers hier, omring word deur een van die mooiste natuurtonele wat ek nog ooit gesien het, heeltemal tot rus gekom. ’n Nuuskierige olifantbul het van naby kom kennis maak toe ons ons skemerkelkies op die sonsondergang geklink het.
Ezulwini se tweede eiendom, River Lodge, is naby aan Paradise Camp geleë op die groen oewers van die Olifantsrivier, en spog ook met ’n indrukwekkende Skywalk met ‘n rivier uitsig. Die natuurgroei is heelwat groener en ruier as by Billy’s Lodge, en ons het ons verkyk aan die apies wat tussen die bome baljaar. Die twee Ezulwini-eiendomme is gelukkig bekostigbaarder as ander soortgelyke plekke, en ideaal vir Suid-Afrikaanse gesinne.
Vir besprekings en navrae kontak Sun Destinations 021 712 5284/5285 of e-pos: reservations@sundestinations.co.za
Save
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.