Die doel van die fees is om mense te lok wat nie gewoonlik die dorp sou besoek nie. Die fees sal ook plaaslike kunstenaars ’n kans gee om met hul talente te woeker. Die opbrengs van die fees sal aan die plaaslike skool, Pringle Bay Eco, en die plaaslike liefdadigheidsorganisasie vir diere, KAWS, geskenk word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die vermaak by die fees is gemik op alle ouderdomme en besoekers kan die geleentheid gebruik om die onontdekte strande, die rivier en die strandmeer asook die bergpaaie te voet en per bergfiets te ontken.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Pringlebaai is omring met Valsbaai aan die een kant en Kaapse punt aan die ander. Daar is ’n unieke uitsigpunt vanaf die top van die Hangklipberg op Valsbaai. Die lighuis is snags ’n unieke gesig.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Onder die geskiedkundige plekke wat besoek kan word, tel die kamp vir oorlogsgevangenes, die radarstasie en die grotte waar slawe wat weggeloop het, weggekruip het.
Pringlebaai is net ’n bietjie meer as ’n uur se ry van Kaapstad en het verskeie kroeë en restaurante.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Talle plaaslike ondernemings produseer produkte soos onder meer skoonheidsprodukte, heuning en die lekkerste koekies. Akkommodasie is volop.
Tydens die fees van twee dae sal daar musiek, wynproe, kunsuitstallings, kinderaktiwiteite, kos, dans, ’n slangskou, prettige hondeskou en kleurwedren aangebied word.
Saterdag begin die fees met ’n wedloop van 6 km of 12 km waaraan die hele familie kan deelneem. Daar is aktiwiteite vir kinders soos ’n dieretuin en wedstryde wat deur ’n plaaslike skool aangebied word. Die plaaslike kerk se basaar is ook deel van die fees en nuwe en antieke motors sal uitgestal word.
Besoekers sal aan oesters en vonkelwyn kan smul terwyl hulle na heerlike musiek luister.
Vir meer inligting besoek of stuur ’n e-pos aan info@pringlebayvillage.co.za of besoek die webblad hier.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.