kategorieë: FiksheidGesondheid

15 goed om na te kyk in die 30 sekondes voor jy op jou fiets klim

15 goed om na te kyk in die 30 sekondes voor jy op jou fiets klim deur Salome Delport. Hooffoto: Wavebreakmedia/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is jy reg vir nog ’n heerlike, sorgelose rit op jou fiets wat harde oefening soos pret laat voel? Tik gou af:

1 Dra jy die regte klere vir die weer vandag? Oorweeg ’n ekstragroot sonpiek, saam met jou kopskerm, as die son baie skerp is. Onthou armskerms en ’n windweertop as dit koud is. Dit is veral in die winter kouer op ’n fiets as wat ’n mens dink.

2 Het jy sonskerm aangewend, veral op jou neus, ken, ore en die agterkant van jou nek? Beskerm jouself teen velkanker, veral op jou fiets.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Sonslim met sonskerm

3 Is daar enige los toutjies, veters of pante wat iewers in jou fiets se ratte of speke kan vasdraai nie?

4 Dra jy ’n fietsbril?

5 Is jou valhelm se bandjies so ferm dat die hoed nie kan skuif nie maar los genoeg dat dit jou nie knyp nie?

6  Het jy jou sleutels? Jou selfoon? Is hulle op ’n veilige plek waar hulle nie kan uitval nie?

7 Het jy ’n snesie en water? En ’n eetdingetjie as jy ver gaan ry?

8 Is die bande ferm? Is die fietspomp op sy plek?

9 Lig die voorwiel. Draai dit vrylik, of skuur dit op die remblokke? Herhaal dit vir jou fiets se agterwiel.

10 Is jou fietssaal horisontaal en op die regte hoogte? Of het dit gesak?

11 Is die stuurstang reguit? Vorm dit ’n reghoek met die voorwiel, as die voorwiel reguit vorentoe gedraai is?

12 Is jou fiets se ratte en ketting skoon? Loop dit glad en geluidloos?

13 Knyp die voor- en agterremme afsonderlik vas. Voel hulle skerp en sterk genoeg?

14 Is jou slimhorlosie of selfoonapp gestel?

15 Voel jy op en wakker? Is jy op ’n gelukkige plek en gereed om die vreugde van die rit en die natuurskoon rondom jou in te neem?

Geniet!

Lees ook: Hoe fietsfiks is jy?

28-dag oefenplan vir beginner-fietsryers

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

16 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.