kategorieë: FiksheidGesondheid

Fietsry: Oefen vir steil opdraandes

Foto’s en teks: Anet Schoeman. Hooffoto: pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Is jy die een wat altyd afhop as daar ’n skielik skerp opdraand is? Of gefrustreerd wonder hoekom die ander ’n lang steil opdraand so maklik regkry en jy misluk elke keer?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis frustrerend as jy fiks en sterk is, maar steeds tydens ’n wedren hope tyd verspil omdat jy nie tegniese opdraande kan baasraak nie. Dit mors tyd en maak die spannetjie, wat agter jou ook noodgedwonge van hul fietse moet spring, die josie in. As jy die Wines2Whales bergfietswedren in Oktober/November gaan doen is dit beslis ’n handige vaardigheid om vroegtydig onder die knie te kry.

Hier is ’n paar wenke wat jou sommer baie ammunisie gaan gee as jy weer in dié posisie is. Marc Fourie is ’n bergfietsafrigter by die PwC Bike Park in Bryanston en verduidelik dat jy met die regte pyle in jou koker enige tegniese opdraand kan baasraak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die geheim agter bergfietssukses

Wenke

  • Kyk voorentoe en kies jou lyn sorgvuldig
  • Bly sit in die saal. As jy opstaan verminder jy die afwaartse druk op die agterwiel en dus verloor jy traksie.
  • Skuif jou gewig vorentoe sodat jy op die voorpunt van die saal sit.
  • Laat sak jou bors nader aan jou handvatsels
  • Vou jou elmboë in sodat dit teen jou lyf sit om die afwaartse druk op die voorwiel te behou. So bly jy in beheer om die fiets beter te stuur.

Groen pyl: Kyk vorentoe
Geel: Vou elmboë in
Rooi: Gewig bly gesentreer tussen twee wiele

  • Hou jou liggaamsgewig gesentreer tussen die twee wiele.
  • Maak klein aanpassings deur jou gewig effens vorentoe en agtertoe te skuif sodat jy die hele tyd traksie op beide wiele behou. As jou voorwiel lig terwyl jy klim; laat sak jou bors en skuif jou heupe vorentoe. As die agterwiel traksie verloor; skuif jou heupe agtertoe, maar hou jou bors steeds laag.
  • Hou aan met trap. As jy trap het jy beter balans. Moenie ophou nie.

Groen: Kyk vorentoe
Geel: Vou elmboë in
Wit: Laat sak bors en skuif heupe na die voorpunt van die saal
Rooi: Gewig bly gesentreer tussen twee wiele

Kontak Marc Fourie by die PwC Bike Park by skills@bikepark.co.za om ’n vaardigheidsles te bespreek.

Lees ook: Die Telkom 947 word op sy kop gekeer

Te oud vir oefening? Dink weer …

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.