‘Net wanneer jy dors is.’ Dr. Tim Noakes van die Sportwetenskap-instituut van Suid-Afrika sê die idee dat atlete iets moet drink vóór hulle dors is, hou geen water nie. In der waarheid is dit beter om na jou liggaam te luister en te drink as jy dors is. Te veel water kan jou maagkrampe gee en volgens dr. Noakes is daar geen bewyse dat elektroliete krampe keer nie. En ’n klein bietjie dehidrasie is ook nie die einde van die wêreld nie, sê hy. Lees meer hieroor in Tim Noakes se boek Waterlogged: The serious problem of overhydration in endurance sport.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• Die studie: Hardlopers het drie oefensessies van twee uur elk gedoen waar hulle die eerste keer volgens dors gedrink het: sowat 180 ml per uur. Die tweede keer 120 ml elke 15 tot 20 min. en die derde sessie 300 ml elke 15 – 20 min. Die eerste twee oefenlopies het nie probleme veroorsaak nie, maar die laaste een waar sowat twee liter in die twee uur gedrink is, het twee van die hardlopers soveel maagkrampe gegee dat hulle nie die sessie kon voltooi nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Dis die hoeveelheid minute van matig intense aërobiese aktiwiteit wat ’n gesonde vrou veilig tydens en kort ná ’n swangerskap per week kan doen. Dis goed as jy hierdie twee en ’n half uur in kleiner sessies deur die week kan versprei.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Epsomsout is magnesiumsulfaat en het eindelose voordele vir die liggaam. Magnesium kan deur die vel geabsorbeer word en is dus net die regte badsout vir atlete. Maak dit ekstra lekker deur dit met geurige olies, growwe sout, kruie en blomblaartjies te meng.
Maak so
Meng 500 g growwe sout met 20 druppels essensiële olie soos laventel, roos, of waarvan jy hou, en voeg 500 g Engelse sout (beskikbaar by apteke) by. Meng gedroogde blomblare by vir die mooiheid en sit in organza-sakkies (te koop by kralewinkels) sodat die blomblare nie jou bad verstop nie. Die sakkies word soos ’n teesakkie in jou bad gegooi. Verpak alles in ’n Zip Lock-plastieksakkie en sit in ’n mooi boksie.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.