kategorieë: FiksheidGesondheid

FNB Wines2Whales-bergfietswedren: die mooiste roete

Soek jy ’n opsie met byna geen verkeer in sig nie wat 13 wynplase, 26 private plase, ses berge, historiese paaie en bergpasse insluit? Dan is die FNB Wines2Whales-bergfietswedren net die ding. Dit gaan jou weliswaar ’n bietjie langer neem om die eindpunt by die karavaanpark in Onrust te bereik. Drie dae om presies te wees en 201 km.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die roete

• Dag een: 68 km met 1 420 m klim

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Dag twee: 64 km met 1 400 m klim

• Dag drie: 69 km met 1 200 m klim

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Boonop kan ryers tussen drie wedrenne kies wat almal oor dieselfde afstand gery word, maar op verskillende soorte ryers fokus. Die rustiger Adventure is van 4-6 November en die Ride van 7-9 November. Die Race (11-13 November), is vir die blitsiges. Daar is net 600 spanne van twee per wedren en almal ry dieselfde roete, dis net die pas wat gaan verskil!

Die ander voordeel is dat jy albei aande in dieslfde tentedorp by Oak Valley Wine Estate in Elgin-Grabouw slaap. Wines2Whales is een van die gewildstes op die jaarlikse sportkalender en fietsryers slaan behoorlik vuis om in hierdie opwindende wedren te deel. Dis geen verrassing nie, want dit  moet een van die mooiste gedeeltes in Suid-Afrika wees waar jy met jou fiets kan ry.

rooi rose was gelukkig genoeg om ’n inskrywing te kry en ek sal oor die volgende maand berig or hoe my voorbereidings verloop en natuurlik hoe die wedren afloop.

Moet egter nie dink dis ’n Sondagskoolpiekniek nie. Kyk jy na die beeldmateriaal op die webwerf, is daar genoeg modder om ’n seekoei gelukkig te hou en gemeet aan die persentasie modder op die ryers, het hulle presies gedoen wat seekoeie doen – in die modder gerol …

Daar is hope opwindende hindernisse soos laaaaang bruggies, hoë stellasies en “berm”-houtbruggies. Ek vermoed dís waar ryers modder koop. Ek is nie seker of die teenwoordigheid van wynplase in die omgewing ’n effek op mens se vaardighede kan hê nie.

Die Wines2Whales is hierdie jaar in sy agste bestaanjaar en beloof om weer vet pret te wees.

Besoek die webblad wines2whales.co.za vir meer besonderhede.

Erica Green. Foto Jetline Action Photo

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

33 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.