kategorieë: KalenderOntspanning

Fokofpolisiekar samel R700 000 in EN hou gratis konsert

Die manne van FOKOFPOLISIEKAR (Francois van Coke, Wynand Myburgh, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder en Jaco S. Venter) het in Maart 2017 hul droom bereik om hul eerste vollengte album in 11 jaar te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hulle het deur middel van ’n skarefinansieringsveldtog (Thundafund) hul teiken van R500 000 binne nege dae oorskry. Dit het egter nie hul aanhangers gekeer om aan te hou beloftes maak vir goedere vanaf die groep se Thundafund-blad nie. Om hul dankbaarheid te toon, het die bende ’n gratis vertoning in Kaapstad belowe sou hulle die R700 000 merk slaan. Dié belofte was gemaak om aanhangers aan te moedig om meer van die nuwe album vooraf te bestel aangesien daar slegs 450 albums teen 31 Maart bestel was. Daar is reeds meer as 700 albums vooraf bestel!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

FOKOFPOLISIEKAR het aangekondig dat die gratis konsert op Donderdag, 25 Mei 2017 by Mercury Live in Kaapstad gehou sal word. Die deure maak om 19.00 oop en werk op ’n eerste-kom eerste-bedien basis omdat die klub se kapasiteit nie meer as 400 mense toelaat nie. Die optrede sal teen 21.00 afskop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Goeie nuus vir Gauteng

Sou die bende dit regkry om R800 000 in te samel, sal Gauteng ook ’n gratis konsert kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is nog baie lekker dinge op die groep se blad om geld voor te belowe, onder andere Fokofpolisiekar-horlosies, Brand Suid-Afrika en Antibiotika kombinasie-plate, goedere-pakkies, ’n Fokof Lager-ligboks en Johnny de Ridder se American Mustang Fender (1978)-kitaar ter waarde van R25 000.

Die album is op hierdie stadium geskeduleer om op 3 Oktober 2017 vrygestel te word. Die digitale weergawe van die album sal reeds in September beskikbaar wees.

Volg FOKOFPOLISIEKAR aanlyn:

Facebook
Twitter
Instagram
Webblad
iTunes

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

20 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.