kategorieë: Ons menseBekendes

FOTO’S: Hoe rooier, hoe mooier! Mia vertrek na Mexiko vir Mej. Heelal

Foto’s: Verskaf/ Mej. Suid-Afrika

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het Sondag amptelik na Mexiko vertrek om op 16 November aan die 73ste Mej. Heelal-kompetisie deel te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mia maak geskiedenis as die eerste dowe deelnemer ooit om Suid-Afrika by die kompetisie te verteenwoordig, en is op ‘n missie om die land se diversiteit ten toon te stel en inklusiwiteit op die globale verhoog te bevorder.

Die Mej. Suid-Afrika-organisasie en Mia het ‘n paar pragtige foto’s van die 28-jarige skoonheid, geklee in ‘n elegante rooi uitrusting deur ontwerper Juan William Aria, op Instagram gedeel . Die foto’s het haar afskeid en opgewondenheid ten toon gestel, met die onderskrif:

“Suid-Afrika…ek dra jou saam! Opgewonde vir die reis van ‘n leeftyd om te begin! Is jy gereed?”

Mia het onlangs haar amptelike veldtog, Mia’s Movement deur Mejuffrou Heelal se Voice for Change-inisiatief bekendgestel . Haar veldtog fokus op maatskaplike kwessies, pleit vir geslagsgelykheid en inspireer gemeenskappe om projekte te ondersteun wat inklusiwiteit teweegbring. Haar missie? Om saam met regeringsliggame, korporasies en NRO’s te werk om kogleêre inplantings te finansier en inklusiewe projekte te lei wat die dowe gemeenskap bemagtig.

Die Mej. Heelal-reis is egter nie net glans nie! Hier is ‘n voorsmakie van haar propvol program:

  • 29 – 31 Oktober: Aankomste
  • 1 November: Gala de las Catrinas
  • 3 – 7 November: Uitstappie
  • 12 November: Kroononthulling-skemerkelkiepartytjie
  • 14 November: Voorlopige en Nasionale Kostuumskou
  • 15 November: Afskeidsmiddagtee met Sheynnis Palacios
  • 16 November: 73ste Mej. Heelal-kompetisie finale vertoning

Sterkte mooiste Mia!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Mnr. Suid-Afrika, Tiaan Massyn

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

22 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.