kategorieë: KalenderOntspanning

Franschhoek skud vere reg vir jaarlikse Bastille-fees, 13 & 14 Julie 2019

Franschhoek skud vere reg vir jaarlikse Bastille-fees, 13 & 14 Julie 2019 Inligting en foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gewilde dorp sal weer eens getooi wees in sy beste Franse “hoedjie” en sy Franse erfenis met oorgawe omhels. Die Bastille-fees het reeds bekend geword vir sy heerlike samesyn om kos en wyn en vanjaar sal geen uitsondering wees nie. Hoewel die Franschhoek-wynvallei die Franse tema tot perfeksie uitleef, sal die kos-en-wyn-markiestent, met die Hugenote Monument as agtergrond, weer die plek wees waarom alles draai. Met die koue winter wat die Kaap dan reeds in sy kloue het, sal die markiestent die ideale plek wees om van die winterkoue te ontsnap. Daar sal genoeg parkering binne stapafstand wees van sowel die markiestent as die dorp. In die markiestent kan gaste die uiteenlopende wyne van die streek geniet, asook die heerlike disse uit die kombuise van sommige van die vallei se bekendste eetplekke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Feesvieringe sluit in kunstenaars, die gewilde Porcupine Ridge-vaatjierolkompetisie en musiek – en natuurlik heerlike kos en wyn. Besoekers word uitgenooi om deel te wees van die “beret-en-baguette”-brigade om ekstra kleur aan die fees te verleen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kaartjies vir die kos-en-wyn-markiestent kos R395 per persoon en sluit toegang, ’n komplimentêre wynglas, wynproekoepons en ’n koepon van R20 in, wat op die dag verhandel kan word. Bykomende proekoepons kan op die fees gekoop word. Aangesien kaartjies beperk is, word voorafbespreking deur www.webtickets.co.za sterk aanbeveel. Kinders onder 18 kry gratis toegang.

Die Bastille-fees vind plaas vanaf 11hoo tot 17h00 oop die Saterdag en van 11h00 tot 15h00 die Sondag. Sondag se aktiwiteite is grootliks op gesinne gemik en daar sal dus heelwat vermaak vir die kleinspan wees.

Vir meer inligting, besoek gerus www.franschhoekbastille.co.za.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

20 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

22 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

23 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

24 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.