kategorieë: Kalender

Gabriëlskloof Favourite Things-Mark

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die bekroonde olyf- en wynlandgoed se 7de jaarlikse Favourite Things-Mark word vanjaar op 16, 17 & 18 Desember gehou en is nou al ’n gewilde geleentheid op menige kalender.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis net betyds vir daardie laaste, maar belangrikste, Kers-inkopies en vanjaar word hierdie gewilde ‘koop en kuier’ geleentheid op die plaas in familie-besit en -bestuur net buite Botrivier, verleng na ’n drie dag affêre. Hier, slegs ’n uur buite Kaapstad, ontmoet vindingryke ontwerp en heerlike plaaslike kos en uitstekende wyne, mekaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die gewildheid van die geleentheid, veral met die openingsaand, verg nou dat jy vooraf moet bespreek as jy ’n tafel langs die pragtige weerkaatsende visdammetjie wil hê. Toegang vir gaste op al drie aande is steeds gratis, dis net as jy verseker wil wees van sitplek Vrydagaand, wat bespreking noodsaaklik is.

Koop luukse items van alpakkawol; voorste plaaslik-ontwerpte juweliersware; en stylvolle plaaslike- en ingevoerde klere. Asemrowende kwilts sal op uitstalling wees, asook fyn keramiekware en dekoratiewe fynbos. Daar sal handgemaakte speelgoed en -breiwerk wees en ag, sommer vele meer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voeg by hierdie wen-resep lekker musiek en kyk hoe die towerkrag jou begeester. Vrydagaand speel die Gypsy Jazz-trio en Saterdag en Sondag sal die Franse trekklavier jou hartsnare roer.

Vir Vrydagaand tafelbesprekings, stuur ’n e-pos na Nicolene@gabrielskloof.co.za. Besprekings moet vir ’n minimum van ses mense wees, wat elkeen ’n kaartjie het van R100 elk. Die kaartjie verseker jou tafel en ’n glas Gabriëlskloof wyn met jou aankoms.

Besoekers wat die Gabriëlskloof Favourite Things-Mark bywoon, word aangemoedig om dit verantwoordelik te doen. ’n Busdiens is van Hermanus beskikbaar teen ’n spesiale tarief van R50pp, per rit. Vir vervoerbesprekings, kontak Andre by  info@whalecoasttours.com of Shirley by sjcraies@gmail.com.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.