kategorieë: KalenderOntspanning

Kersmarkte wat jy in 2019 moet besoek

Kersmarkte wat jy in 2019 moet besoek saamgestel deur Catherine Schenck

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

KAMERS/Makers, Stellenbosch en Pretoria

Daar is nog twee KAMERS/Makers-markte oor vir die jaar; een in Stellenbosch en een in Pretoria.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stellenbosch

Waar: Stellenbosch, Blaauwklippen Wine Estate

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Datum: 29 Oktober – 3 November

Tyd: Daagliks 09:00 – 17:00; Vrydag 1 November tot 19:00

Pretoria

Waar: Pretoria, Cornwall Hill College, Irene

Datum: 3-8 Desember

Tyd: Daagliks 09:00 – 17:00

Toegang: R70 by www.plankton.mobi & R100 by die hekke – hierdie sluit ’n beperkte uitgawe KAMERS/Makers-inkopiesak, Consol glas-waterbottel en ’n tydskrif in.

Multi-dag kaartjies: R130

Groepafslag: Koop 3, kry 1 gratis

Studente en pensioenarisse: R70

Onder 18’s kry gratis toegang.

Loer hier vir meer inligting

Glenshiel Christmas Fair, Johannesburg

Waar: 19 Woolston-pad, Westcliff, Johannesburg

Wanneer: 31 Oktober tot 3 November 2019

Tyd:

  • 31 Oktober: Voorskou-aand: 17:00 – 21:00 (kaartjies is beperk en slegs beskikbaar by Quicket).
  • 1 November: 09:00 – 18:00
  • 2 November: 09:00 – 17:00
  • 3 November: 09:00 – 15:00

Toegang: Voorskou-aand: R250; Volwassenes: R75 vir een dag, R100 vir al drie dae; Kinders onder 12: gratis.

Meer inligting: Elke jaar kom meer as 70 plaaslike ondernemings bymekaar en stal hul pragtige produkte by die Glenshiel-Kersmark uit! Maar die Glenshiel is nie jou gewone markie nie; dit het puik luukse produkte insluitende handsakke, skoene, linne, juwele en handgemaakte Kersversierings. Vanjaar kan jy ook na die ekslusiewe voorskou-aand toe kom om ’n heerlike aand van Kersinkopies deur te bring. Besoek gerus hul webblad vir meer inligting.

Favourite Things-mark by Gabriëlskloof

Waar: Gabriëlskloof, Botrivier

Wanneer: 13 – 15 Desember 2019

Tyd:

  • Vrydag, 13 Desember: 17:00-21:00
  • Saterdag, 14 Desember: 10:00-18:00
  • Sondag, 15 Desember: 10:00-15:00.

Toegang: R100vir die spesiale geleentheid Vrydagaand 13 Desember. Honde en kinders is baie welkom en Saterdag en Sondag se toegang is GRATIS.

Meer inligting:

Hierdie gewilde opskiet-geleentheid by die Overbergse wynkelder op die koppie, bied presies dit: unieke, kreatiewe en kontemporêre uitstallers wat sjiek, handgemaakte, tuisgemaakte, heerlike, vars en pragtige items verkoop. Dis smaakvol, elegant en die beste Kersfeesmark waarby jy gesien wil wees… en dit alles terwyl jy eiesoortige, moet-hê geskenke koop en teug aan yskoue vonkelwyn.

Soos vorige jare, is Vrydagaand spesiaal vir bespreekte tafels teen R100 per persoon – ’n geleentheid waar die hartlike gasvryheid wat verweef is in die Overbergse kultuur, gevier word. Kaartjies is van middel November op die Gabriëlskloof-webwerf beskikbaar

Besoek die Gabriëlskloof  facebook-blad vir meer inligting.

Besoek www.gabrielskloof.co.za vir meer inligting oor die landgoed. Gabriëlskloof kan by 028 284 9865 of info@gabrielskloof.co.za gekontak word.

Gabriëlskloof Landgoed – slegs 80 minute van Kaapstad – is net buite Botrivier, op die Swartrivierpad, net af van die N2.

Die Linden-Kersmark, Johannesburg

Waar: Botaniese Tuine, Emmarentia; 45 Thomas Bowler street

Wanneer: 30 November tot 1 Desember 2019

Tyd: 09:00 – 16:00

Toegang: Albei dae: R50; Algemene toegang: R30; Pensioenarisse: R15; Kinders onder 12: Gratis

Jy kan kaartjies aanlyn koop by Quicket

Meer inligting:

Die Linden-mark is terug en gaan ’n sonnige somerkersfees by die Emmarentiandam vier! Soos altyd is daar die heerlikste stalletjies met plaaslike produkte wat die oulikste geskenke vir kinders en volwassenes sal wees. Kyk uit vir produkte met geel plakkertjies op – hierdie produkte sal teen 20% afslag verkoop word. Natuurlik is daar ook die lekkerste kosstalletjies en ’n paar spesiale doendinge om almal te vermaak. Daar sal daagliks tussen 12:00 en 14:00 Kersliedere in die tuin gesing word, naby aan die Date-a-dog-stalletjie. Daar sal ’n koekie-bak-werkswinkel wees vir die kinders en natuurlik is daar kunstenaars wat gaan optree: Rubber Duc, Georgetown, Jack & June en Brother Brother.

Vir meer inligting, loer op hul facebook-blad

Kersmarkte wat jy in 2019 moet besoek

Liggiesfees@Potch

Waar: Abraham Kriel Kinderhuis, Potchefstroom

Wanneer: 29 November – 31 Desember 2019

Tyd: Elke aand vanaf 19:00

Toegang: Kaartjies is aanlyn te koop by Quicket teen R25. Kaartjies kan ook by die hek gekoop word. Besoekers wat van ver af kom kan aanlyn spesifieke sitplekke in die tent bespreek.

Meer inligting: Liggiefees@Potch is Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom se jaarlikse groot fondsinsamelingsprojek. Die perseel word omskep in ‘n sprokieswêreld wat elke persoon moet sien en ervaar. Van die grootste name in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf tree op, daar is ‘n pragtige kunsmark, Oujaarsdans, ‘n pretpark met ‘n Big Wheel van amper 40 meter hoog wat oor die hele fees kyk, ‘n ongelooflike liggiemuur wat praat en sing met die aanskouers en kos om van te kies en te keur.

Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom is die tuiste vir 230 kinders. Slegs die beste versorging is goed genoeg vir die kinders wat gepaard gaan met groot uitgawes. Liggiefees@Potch stel ons in staat om vir ons kinders ‘n toekoms te gee deur ekstra fondse bymekaar te maak om te verseker dat elke kind die nodige aandag en hulp kan kry wat hulle verdien. Ons kinders help graag self met Liggiefeesvoorbereiding en werk ook tydens die Liggiefees vir betaling. Ons glo daarin om ons kinders te bemagtig en te leer dat ons werk vir wat ons graag wil hê.

Vir meer inligting, loer hier

The Gift Market, Hermanus

Waar: Curro, Hermanus

Wanneer: 13 – 23 Desember 2019

Tyd: Elke dag 10:00 tot 18:00

Toegang: Toegang en parkering is gratis en daar is kredietkaartfasiliteite.

Meer inligting: The Gift Market is ’n geskenkmark in die hart van Hermanus, met iets vir almal – geskenke, eetgoed, speelgoed, klere, juwele en nog vele meer. Ontspan met ’n heerlike koffie en iets om te eet. Ons bied iets vir die hele gesin!

Clansthal-somermark

Waar: 111 Pig & Whistle Drive, Clansthal, KwaZulu-Natal.

Wanneer: Sondag 8 Desember 2019

Tyd: 09:00 – 14:00

Meer inligting: Die gemeenskap van Clansthal werk hard om hul bewaringsgebied so goed moontlik op te pas sodat besoekers die pragtige fasiliteite kan geniet. Om fondse in te samel vir dié saak, maak Keith en Liz Cunningham hul huis oop om ’n markie aan te bied. Daar sal baie oulike Kersgeskenke te koop wees by dié mark! Kontak gerus vir Liz Cunningham by lizc@scottburgh.co.za of skakel haar by 083 556 8108.

Stellenberg-feesmark, Kaapstad

Waar: Hoek van Mountain Viewrylaan en Edelweissweg, Eversdal.

Wanneer: 23 Oktober tot 9 November 2019

Tyd: Maandag tot Vrydag: 10:00 – 20:00; Saterdae: 09:00 – 18:00

Toegang: Gratis toegang en parkering

Meer inligting: Besoek die webblad vir meer inligting.

Kersmarkte wat jy in 2019 moet besoek

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.