kategorieë: TrendsMode

Ons gesels met Gavin Rajah

Wat is jou kosbaarste herinnering aan jou loopbaan tot dusver?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die keuse wat ek gemaak het om my klerereekse internasionaal bekend te stel, was ‘n hoogtepunt. Dit was ‘n angswekkende ervaring wat my waarlik bevry, en laat besef het dat ek nooit moet stilstaan nie. Dit het verseker dat ek in die internasionale arena suksesvol kon word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat was die inspirasie agter jou Lente/Somer 2013/14 versameling?

My klerereeks is geïnspireer deur mites en literatuur vanuit die legendes in Arthur se tydperk. Daar is subtiele verwysings na outydse kostuums soos maliekolder, delikate borduurwerk en pantserplaat. Die sterk kontras tussen die sagte vroulikheid en harde elemente was perfek. Die agtergrondmusiek by die vertoning, deur Ludivico Einaudi, het ‘n groot invloed op die versameling gehad en ‘n misterieuse gevoel aan die vertoning verleen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is jou hoogtepunte van 2013?

Ek het die SATOURISM Ontwerper van die Jaar gewen. Ek het ook ‘n kommersiële reeks saam met Legit op die been gebring wat vreeslik opwindend was. Dit gee individue met kleiner begrotings ook die geleentheid om van my uitrustings aan te koop.

Hoe sal jy 24 uur in Kaapstad spandeer?

• ‘n Besoek aan Tafelberg met die kabelkar.
• ‘n Lang ent se stap op Kampsbaai-strand.
• Ek sal rondsnuffel deur Langstraat en Kloofstraat. Daar is ‘n paar ongelooflike ontwerpers, winkels, dekorwinkels, restaurante en gallerye.
• ‘n Rit op ‘n helikopter om die Kaapse skiereiland.

Vertel ons meer van jou welwillendheidswerk en wat POSITIVE vir jou beteken?

Ek was vir 3 jaar by POSITIVE betrokke en dit was ‘n wonderlike ervaring. Dit is een van vele projekte waar ek ‘n helpende hand aanbied. My werk by UNICEF is op ‘n meer gereelde basis as welwillendheidsambassadeur en ek die wêreld vol hiervoor. Die modebedryf is geleë in ‘n wêreld van fantasie en oppervlakkigheid. Dit bring vir my groot vreugde om ander te help en laat my besef dat daar veel belangriker dinge in die lewe is. Ek glo die wêreld het verantwoordelike, barmhartige mense nodig wat omgee. Daar is ‘n gevoel van vervulling wanneer ek ander help – die gevoel is onbeskryflik groot.

Volg Gavin op Facebook by: https://www.facebook.com/grajah3 of op Twitter by @GAVIN RAJAH.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

21 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

24 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.