kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 11

Blomme en bekers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Roxy verskyn skielik langs Liesl se bed. Haar hare in ’n beehive wat oorle Amy Winehouse sou beny.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Jeez jong, maar jy is ’n exciting mens! Ek ken jou skaars twee weke en jou lewe is nou nie wat ek boring sal noem nie!” Sy buk oor Liesl en gee haar ’n drukkie. Daar hang helderkleurige hoepel-oorbelle tot byna op haar skouers. Haar vol lippe is vandag babapienk in kontras met die spierwit kleefhempie waarin haar bates wulps stoei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Sit regop sodat ek jou haircut kan sien!” Sy hou Liesl se gesig tussen haar hande en draai haar kop van kant tot kant.

Hard core girl! Jy lyk nou bietjie soos Annie Lennox … op ’n mooi manier, bedoel ek. Die styl pas jou nogal, dis miskien ’n blessing in disguise. Nie dat jou krullebol nie sexy was nie, maar ek meen, as jy nugter was, sou jy nooit jou hare gesny het nie en dan sou ons nooit gesien het dat jy eintlik soos Annie lyk nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Liesl het van die eerste oomblik af van hierdie vreemde energieryke wese gehou. Haar teenwoordigheid waai soos ’n dwarrelwind gekruis met ’n reënboog deur die kamer.

“Hoe het jy geweet ek is hier?”

Roxy maak haarself sit op die kant van die bed.
Juicy news travels fast! … Maar ek spot, Emily het my uit donker Afrika se boesem gebel. Dis nou na jou dogter haar gebel het en gevra het waar jy wegkruip. Emily het jou slymbol eks gebel en al die detail uit hom gewurg. Emily het my gebel om jou te kom steun.”

Sy krap in haar reuse bont sak rond en haal ’n Dr Harry-beker tevoorskyn en plak dit op die bedkassie neer.

“Dok Harry het vanoggend van die plaas af gebel en toevallig gevra hoe gaan dit met Maks se baas. Daai span van Onderstepoort het hom weer gebel en vertel hoe flippen amazing Maks se vordering is. Nietemin ek het vir Harry gesê jy is effe olik en in die hospitaal. Toe stuur hy die beker. Hy sal glo anderdag vir jou ’n knertsie daarin aanbied."

Liesl wil nie oogkontak met die Dr Harry-beker maak nie. Die man dink waarskynlik ook sy het ’n drankprobleem ontwikkel. Konrad het al haar “vergrype” van die afgelope weke aan die sielkundige uitgeblaker en dié laat die onderwerp al meer in terapiesessies opduik. Liesl het al die ure in die hospitaal self al met kommer lê en dink oor die situasies waarin drank haar die afgelope weke laat beland het.

“Ek gaan nooit ooit weer wyn drink nie,” bieg sy aan Roxy.

“Nee man, moet nou nie dramaties raak nie. Ek dink mens mag soms onder stres bietjie knak. Ek myself het ook al dronkverdriet gehad. Nou nie naastenby so spectacular soos joune nie, maar ek het ook al ’n paar gelling roomys in depressiewe fases verorber. As ek jou raad kan gee, pak liefs volgende keer ’n boks tjokliks, hel, jy is nou so maer jy kan dit bekostig! Hoeveel kilo’s het jy verloor? … Het jy nog van daai pille? Of het jy almal gesluk?”

Roxy laat ’n tragedie soos ’n komedie klink.

“Ek het myself belowe ek sal nie weer my emosies so vrye teuels gee nie. Ek gaan dr. Elma, die sielkundige gereeld sien as ek ontslaan word. Ek moet die ding met Konrad nou uitsorteer.”

Roxy bekyk die reuse ruiker langs haar bed.
“Lyk my hy voel intens skuldig?”

Miskien is dit die medikasie, dink Liesl, maar sy voel skielik baie verwyder van die situasie. Sy is nie lus om met Roxy oor Konrad te praat nie. Sy en dr Elma is al ’n paar keer wroegend deur die ding.

“Wanneer kom Harry terug?” Sy is dadelik spyt sy het gevra.

“Omtrent als is nou in plek vir die renosterprojek. Die span wat die horings gaan behandel, het nou al die toerusting bymekaar. Oor ’n week vat julle die pad bosse toe!”

Liesl glo dit sal vir haar beter wees om nie meer aan die projek deel te neem nie. Dis nie net oor Harry nie, sy is net nie lus vir mense nie.

“Ek gaan nie meer saam nie. Ek het nog te veel werk aan my uitstalling. Dis net ’n week na die renosters en ek moet my fokus regkry.”

Emily het seker by Roxy geskinder oor die moontlikheid dat Liesl sal koue voete kry.

“O nee! Jy gaan nie uit die ding kom nie. Dok Harry se plaas is net die regte plek vir jou om nou te gaan ontspan na al die drama. Jy sal mal wees oor Heila, julle laat my nogal aan mekaar dink. Ek dink dis ook hoekom Dok Harry so ’n soft spot vir jou het. Jy laat hom ook aan Heila dink. Dit help hom as hy na haar daar op diem plaas verlang.”

Wie is die Heila en hoekom verlang Harry so vreeslik na haar? En as hy ’n Heila het om na te verlang, hoekom … maar Liesl kan nie haar vraag voltooi nie want sy weet Harry het nog nie een keer gewys hy stel romanties in haar belang nie. Sy kibbel met haarself: “Liesl, jy het pas by die dood omgedraai oor Konrad! Wat maak dit saak of Harry ’n Heila het?

“In daardie geval gaan ek saam, ek sal graag Harry se Heila wil ontmoet.”

Die saalsuster kom loer om die deur.
“Kuier ons lekker? Ek wil nie pla nie, maar hier is nog ’n besoeker en jy ken die reëls, net een op ’n slag hoor?”

Roxy hop van die bed af. “Okeidokei… ek weet as ek unwanted is.” Haar pienk lippe los ’n merk op Liesl se bleek wang.

Nurs, laat haar volgende victim maar inkom!”

Die suster kyk Roxy agterna en glimlag. “Sy lyk soos ’n tonic, daai een. Ek dink sy moet elke dag kom kuier!”

Liesl vee selfbewus oor haar kort hare en kyk verwagtend na die deur. Eintlik wens sy soms niemand wil kom kuier nie, sy is nog nie lus vir mense nie, maar die suster is reg, Roxy is ’n vars bries.

Die glimlag verdwyn van haar mond. Die nuwe besoeker kom saam met die reuk van ’n soet parfuum by die deur in …

Isa …

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: verhale

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.