kategorieë: LeesOntspanning

Vlam hoofstuk 37: Plan B

Vlam hoofstuk 37: Plan B deur Martie Swanepoel. Foto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Om op te vang met die vorige hoofstukke van Vlam, klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vlam hoofstuk 37: Plan B

Die drama oor die gyselaarskap en Niekie se ontvoering versprei soos blits deur die pers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die gebied rondom die selle word afgesper om die hordes nuuskieriges en die media weg te hou.

Na ’n ruk zoem daar selfs drones oor die geboue.

“Ek moet jou hier weg kry,” kondig Henk aan. “As die pers uitind jy is in die gebou, gaan hulle mal gaan!”

Hy roep kol. Loxton eenkant en na ’n ruk neem hulle Duard na ’n stoor waar hy en Henk met polisie-uniforms vermom word.

“Die pers weet ek is Niekie se fotograaf en hulle sal ons probeer volg. Ons moet kantoor toe gaan sodat ons daar is as die ontvoerders bel. Pieta sal oom Niek laat weet.”

Duard volg Henk se instruksies woordeloos.

Hulle gaan by ’n agterdeur uit en ’n polisievoertuig neem hulle na die kantoor.

“Ons gaan by die fotograwe se sydeur in want ek wil nie hê my kollegas moet weet jy is hier nie. Mens weet nooit wie praat uit nie.”

Pieta kom af na Henk se kantoor. Hy is duidelik ontsteld.

Henk se foon lui. Hy en Niekie het al ’n paar keer met Immerman en sy bende te doen gehad. Hulle is die enigste lede van die pers wat al die binnekant van die bende se wegkruipplekke in die stad gesien het.

Die gesprek is kort.

“Hulle sal die bewaarder en gyselaars laat gaan as Immerman ’n selfoon kry en dan sal hulle begin onderhandel om Immerman vir Niekie uit te ruil. “

Piet en kol. Loxton gesels vir ’n rukkie voordat hy aankondig dat Loxton self ’n selfoon aan Immerman sal oorhandig. Die gesprekke tussen die bendebaas en sy mense sal gemonitor word.

Piet stuur iemand om Niekie se pa in Potchefstroom te gaan haal. Dit is ’n lang nag van onderhandelinge wat voorlê. Immerman is slinks en dring aan op ’n splinternuwe selfoon en sy bendelede praat ook elke keer op ’n ander nuwe selfoon vanaf ’n ander plek in die stad sodat die polisie nie kan nagaan waar die bendelede is nie.

Immerman hou by sy woord en laat die bewaarder en gevangene gaan want Niekie is vir hom ’n waardevoller troefkaart.

Maar, sonder dat iemand dit verwag, gooi die bendebaas ’n verrassende element in die kokende mengsel rondom die drama.

Piet sit sy foon op speaker as kol. Loxton bel.

“Hy sê ons moet Niekie se Hollywood-boyfriend laat weet dat niemand haar ooit weer lewend sal sien as ons nie aan sy eise voldoen nie. ’n Helikopter vol brandstof moet aan sy makkers op ’n plek buite die stad oorhandig word. Hulle weet Wayne is in die land en hy moet by wees en ’n sak met R30 miljoen in ongemerkte note aan die handlanger gee. Niekie sal eers oorhandig word as die helikopter Immerman by die heli-pad by die selle opgepik het en Immerman na ’n private vliegveld neem. As hulle weet Immerman is veilig oor die grens, sal Niekie oorhandig word.”

Die hele transaksie klink nie heeltemal lekker nie. Immerman en sy mense kan nie vertrou word nie. Die polisie voel hulle sal nie die hele situasie behoorlik kan monitor nie en hulle kan beslis nie die Hollywood-ster se veiligheid waarborg nie.

Die nag sloer aan en die spanning raak ondraaglik.

’n Polisie-onderhandelaar probeer sy bes om Immerman kalm te hou sodat hulle die situasie kan vertraag om te speel vir tyd.

Duard maak verskeie oproepe in Frans.

Teen nege-uur die volgende oggend roep hy kol. Branders eenkant.

“Weet die polisie wat hulle doen? Hoe voel dit asof die bendeleier die ou is wat die opdragte uitdeel en die polisie spring net?”

Niek beken dat hy ook bekommerd is oor die stand van sake. ’n Lang gesprek volg tussen die mans voordat hulle terugstap kantoor toe.

Kol. Branders stel die Plan B voor wat Duard aan hom verduidelik het.

’n Vangnet wat Duard en Niekie se veiligheid met die uitruilproses sal verseker.

Henk en Piet moet eers ter wille van Niekie se veiligheid verseker dat hulle alle inligting oor Duard hoogs vertroulik sal hou.

Die mans is verstom oor die situasie wat die Hollywood-ster uitstippel.

Die vier mans hom ooreen dat hulle nie gereg in eie hande sal neem of die polisie se saak sal benadeel tensy Niekie en Duard nie in lewensgevaar is nie.

Die drie Suid-Afrikaners sit verstom en luister hoe die ster sy kontakte die een na die ander bel.

Marco is een van hulle.

Al die gesprekke word in Frans gevoer, maar dis duidelik dat Duard besig is om ’n intieme broederskap bymekaar te kry. Manne wat in lewensgevaar saam sal staan.

Die ondehandelinge sleep die res van die dag voort.

Die polisie vertraag Immerman so lank moontlik, en dit skemer al meer deur dat hulle nie heeltemal beheer kan kry oor die situasie nie.

Immerman verander die spesifikasies van die uitruilproses heeltyd en sy oproepe kan nie gevolg word nie. Hy eis nou R50 miljoen!

’n Bendelid kom laai onverwags ’n verseëlde karton met splinternuwe selfone by die selle af waarmee die bendebaas met sy mense kan kommunikeer.

Die oproepe blits na seltorings oor die hele Gauteng en dit frustreer die oproep-naspoorders.

In Henk se kantoor raak die manne se geduld op.

Die situasie is onseker en niemand kan Niekie se veiligheid bevestig nie. Immerman wil nie toegee dat Niekie oor die foon haar veiligheid bevestig nie.

Laatmiddag lui Henk se foon. Dis ’n bendelid.

“Die enigste rede hoekom ons die toegewing aan jou maak, is omdat jy en Niekie nooit ons skuilplekke aan die polisie bekend gemaak het nie, maar as julle enige snaakse trieks probeer, sal sy daarvoor boet. Gee die foon vir haar pa.”

Henk sit die foon vinnig op speaker en oorhandig dit aan kol. Branders.

“Pappa! Ek is lief vir …”

Dan word die foon doodgedruk.

Die mans staar in stilte na die foon.

Dan haal Henk ’n bottel  brandewyn en papierglase uit  sy locker.

“Ek dink ons moet kalm word sodat ons Duard se plan weer kan deurpraat. As ons Niekie weer wil sien, sal ons ons eie plan ook in aksie moet stel.”

Na ’n paar uur daag Marco en vier ander mans ook by die kantoor op,  geklee in kamoefleerdrag en elk met ’n volle wapenrusting.

Niek, Piet en Henk herken die unieke kamoefleerpatrone van die uniforms. Die soldate en Duard omskep Henk se kantoor in ’n operasionele sentrum.

Die bedrywigheid word vroegaand onderbreek as ’n pakkie by die kantoor afgelewer word. Dit is aan Henk geadresseer.

Sy foon lui byna onmiddellik.

“Ons hou julle dop. Moenie enige trieks probeer nie!”

Dan gaan die foon dood.

Die groep mans staar geskok na die inhoud van die pakkie, ’n lok bloedrooi krulhare …

As jy hiervan hou, luister gerus na ons opwindende vervolgverhale, Botox, Barbies en Bietse en Dans met die rooi rok! Klik hier – dis gratis.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.